Thursday , November 26 2020
Cheap domain registration and hosting!

Die romantiese kant van Brendan Peyper!

Ons kan almal debateer oor die jaar 2020 wat nou uiteindelik op sy einde staan, maar een ding wat seker is, is dat Brendan Peyper se Twintig20 album nie terugstaan vir enige hindernis nie.

Na ‘n jaar van Sterk Soos ‘n Leeu op sy lekker trekker dans met ‘n Vasdanslyf het hy uiteindelik besluit om ‘n blaaskans te vat en ‘n bietjie romanties te raak met sy nuutste enkelsnit, Trouvrou. Brendan se sagter kant kom bietjie na vore soos hy beloof om sy Trouvrou te bederf met teddiebere, donuts, rose en natuurlik soene wat sy sal onthou.

Hierdie beloof om die jaar af te sluit op ‘n baie romantiese noot, maar al is 2020 so te sê op sy einde lê daar nog soveel voor vir die jong ster se loopbaan en moontlik sy liefdeslewe ook. Trouvrou is die belofte dat Brendan sal weet dat hy sy Trouvrou het die dag as hy haar ontmoet, maar dat hy geduldig sal wag tot sy reg is om die groot aanknoping te maak en dat hy dan haar hart sal beskerm.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Katinka bring haar Sass…. die nuutste Somer-treffer!

Katinka, beter bekend as Katinka Die Kat is reeds bekend as ‘n sosiale media influencer …

Maak los jou bolla en maak gereed om mielies te gooi

Na die sukses van “Wys Jou Vleis” wat behoorlik vlam gevat het in 2019 met …