Maandag , April 22 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Die Jazz-prinses van Mosselbaai met die tydlose stem, Sunel!

Die Jazz-prinses van Mosselbaai met die tydlose stem, Sunel!

Die Jazz-prinses van Mosselbaai met die tydlose stem, SUNEL, wat bekendheid verwerf het vir haar debuut-enkelsnit, Fickle Heart en wie se tweede enkelsnit, Hart Op Jou Mou, bo-aan verskeie trefferparades gepryk het, reik nou gedurende April 2019 haar derde enkelsnit en musiekvideo, HART SE WENS uit.  

Sunel het HART SE WENS self geskryf en dit is gebasseer op ‘n liefdesteleurstelling.  Dit is die tipe liedjie wat jy moet luister as jou hart werklik vir die eerste keer gebreek word.

“Ek skryf gewoonlik altyd met ‘n konsep ingedagte, maar ook uit persoonlike ervarings.  Ek dink ons almal het al ons harte so bietjie laat breek.  Dis nie noodwendig ‘n slegte ding nie want dit maak ons wyser en meer ervare as dit kom by die liefde. Dit is ‘n baie spesiale liedjie en ek hoop werklik die publiek sal aanklank vind hierby”, sê SUNEL.

Die liedjie was reeds klaar geskryf en opgeneem, maar toe kruis haar paaie met die van Hugo Ludik en Vaughan Gradiner van Muse Productions.  Hulle was opgewonde om haar te help om die liedjie tot sy volle potensiaal te bring en iets heeltemal uniek te skep.  “Dit was werklik ‘n wonderlike ervaring om ander musikante se insette te kry en saam met sulke talentvolle kunstenaars te werk,” sê sy verder.

Die musiekvideo is in Johannesburg in ‘n groot stoor kamer geskiet en vervaardig deur Fathom Media.  Die konsep agter die video was om iets te skep wat eenvoudig, tog treffend is.  Om iets te skep wat die fokus werklik om die liedjie plaas en om al die emosie wat saam met die liedjie kom uit te bring.  Iets kwesbaar, maar tog sterk.  SUNEL sê dit was wonderlik om saam met Jacques Loots en sy span by Fathom Media te werk: “Hulle het dit vir my so spesiaal gemaak as wat hulle kon.  Jay (Jacques Loots) het dieselfde visie vir die video en liedjie gehad as ek en ons het dieselfde kreatiewe energie gehad”.

HART SE WENS is binnekort beskikbaar op alle digitale musiekwinkels.

SUNEL se debuut-album sal aan die einde van Mei 2019 vrygestel word.

Facebook

Instagram: @_miss_sunel

Twitter: @Miss_Sunel

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Krone 6-konsertreeks spog met Namaqua Wines wat weer aansluit as borg

Die immergewilde Krone-konsertreeks, wat vanjaar vir die sesde agtereenvolgende keer aangebied word, is trots om …

Nuwe Joshua Na Die Reën album – Nommer 1 op iTunes!

Die splinternuwe en derde studio-album getiteld, SOMERAARDE, van die gewilde musikant, Joshua na die Reën, …