Die Heuwels Fantasties se album OKAY! lewer die een treffer na die ander op. LED Liefde, Gebruik my, Koeëlbaai ft. JR, en Bietjie Hoop is reeds vir ‘n geruime tyd besig om die klankgolwe van radiostasies landswyd aan die brand te speel. Nou, gedurende die laaste week van November 2017, reik die groep hulle volgende enkelsnit, Laaste Rondtes, uit.
Dié lied, geskryf deur Pierre Greeff, Hunter Kennedy en Fred den Hartog was ook ‘n groot treffer toe hulle vroeër die jaar ‘n draai op die stel van die baie populêre kykNET sepie, Binnelanders, gemaak het en dit in Nagskof gesing het.
Kyk die musiekvideo hier:
Laaste Rondtes is bekikbaar op Die Heuwels Fantasties se album, OKAY! en kan ook afgelaai word op iTunes.
SOSIALEMEDIASKAKELS
Twitter: @DieHeuwels
Instagram: @DieHeuwels