Die bekroonde duo ANDERS, doen dinge inderdaad eiesoortig!

175

Nou is dit amptelik: met twee onlangse Ghoema-musiektoekennings is ANDERS gewis die beste kontemporêre groep in Afrikaans. Hul jongste album, #ek onthou, het dié briljante liedjieskrywers en sangers die Ghoema-toekenning in die afdelings – beste album deur ‘n groep of duo én beste groep van die jaar – besorg.

ANDERS is ʻn Afrikaanse pop/country- duo , wat met hul debuutalbum Dink Leef Klink opslae in die geestelike genre gemaak het. Daarna het die romantiese album #liefdesverhale gevolg. Albei albums het Ghoema-benoemings ingepalm.

Hul musiekvideo’s van die jubellied Ons Koning kom en die liefdeslied Mooi vir my was uiters gewild. Verskeie van hul liedjies het radiostasies landwyd se Top 10-treffersparades gehaal – onder meer Die pad (wat op die klankbaan van die fliek Vrou soek boer ingesluit is.

Hulle het die temaliedjie Knysna vir die gelyknamige rolprent geskryf en die liedjie en die musiekvideo daarvan is uiters gewild op radio en televisie.

Die duo benut slegs die land se beste musikante om ‘n vars, oorspronklike liedjies energiek te vertolk. Hul konsertmusikante Jason Moser (tromme) en Rixi Roman (kitaar) – se medewerking verleen orkestrale hegtheid.

Die album #ek onthou bevat elf puik snitte, wat ook progressiewe rock-klanke en ‘n moderne wiegeliedjie insluit.

Die spogsnitte is:Screen Shot 2016-05-18 at 06.46.44

Jou liefde

Sou ek dit weer doen

Seisoene

Knysna

Ek het jou lief

#Ek onthou

Lullabye

ʼn akoestiese weergawe van Kurt Darren se Hemel op Tafelberg

Verlang

Wat het jy gedoen

en ʼn roerende Engelse snit, Where I Stood.

ANDERS lewer meesleurende luistermusiek!

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments