Donderdag , Oktober 17 2019
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Die 9de kykNET Silwerskermfees – hier’s die wenners

Die 9de kykNET Silwerskermfees – hier’s die wenners

Die 9de kykNET Silwerskermfees is 21 – 24 Augustus 2019 in Kampsbaai, Kaapstad, aangebied. Dié fees het die afgelope nege jaar meer as 160 kort- en speelfilms opgelewer, waarvan verskeie internasionale erkenning gekry het. 

“kykNET het uit die staanspoor ‘n langtermynvisie met hierdie spesiale projek gehad. Die Silwerskermfees se fokus is en bly die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmbedryf,” meen Karen Meiring, hoof van Afrikaanse Kanale by M-Net.

Vanjaar kon feesgangers ‘n verskeidenheid kortfilms en speelfilms kyk en paneelbesprekings bywoon. Drie internasionale kundiges is ook by die fees verwelkom: Dorothee Wenner van Berlinale, Peter Cowley van Spirit Digital Media in Londen en die Suid-Afrikaanse akteur, Arnold Vosloo, wat die afgelope paar dekades naam gemaak het in die VSA.

Saterdag 24 Augustus is die Silwerskermfees toekenningsgeleentheid gehou, met June van Merch en Bennie Fourie as aanbieders. Tobie Cronjé is vereer as vanjaar se Silwerskermlegende vir sy besondere bydrae tot die filmindustrie. 

Die speelfilm, Poppie Nongena, het met 12 toekennings weggestap, vir, onder andere, Beste speelfilm, Beste draaiboek, Beste regisseur, Beste aktrise, Beste manlike byspeler en Beste vroulike byspeler.

Hiermee die wenners van die aand:

KORTFILMS

Beste kortfilm

Oedipus: Die Musical – ‘n Dokumentêr

Beste draaiboek

Luan Jacobs – Hoe om ‘n perd te teken

Beste regisseur

Stefan Benadé – Oedipus: Die Musical – ‘n Dokumentêr

Beste akteur

Luan Jacobs – Hoe om ‘n perd te teken

Beste aktrise

Ansu Visser – Binnelandse Sake

Beste manlike byspeler

Ludwig Binge – Oedipus: Die Musical – ‘n Dokumentêr

Beste vroulike byspeler

Ilse Oppelt – Janneman

Beste produksie-ontwerp

Idelette Jordaan en Nadine Minnaar – My Gelykenis

Beste redigerig

Canya Cruywagen – Oedipus: Die Musical – ‘n Dokumentêr

Beste kinematograaf

Janhendrik Burger – My Gelykenis

Beste grimering en haarstilering

Charné Burger – Oedipus: Die Musical – ‘n Dokumentêr

Beste kostuumontwerp

Juanita Ferreira – Die Begrafnis

Beste klankontwerp

Wesley Ayliffe – Binnelandse sake

Webreekse

Deur die Blare

Gehoorgunsteling

Fiela se Kind

Draaiboeksoek

Gerhard Marx – Asem

Reginald Hufkie – Kinderhuis kind

Nico Steyn – Skrop

Blitsfilms

Ilka de Beer – Cry/Huil Melanie Tait – Ligspoor


SPEELFILMS

Beste speelfilm 

Poppie Nongena

Beste draaiboek

Christiaan Olwagen en Saartjie Botha – Poppie Nongena

Beste regisseur

Christiaan Olwagen – Poppie Nongena

Beste akteur

Stian Bam – Die Verhaal van Racheltjie de Beer

Beste aktrise

Clementine Mosimane – Poppie Nongena

Beste manlike byspeler

Chris Gxalaba – Poppie Nongena

Beste vroulike byspeler

Nomsa Nene – Poppie Nongena 

Beste produksie-ontwerp

Chantel Carter – Die Verhaal van Racheltjie de Beer

Beste redigering

Eva du Preez – Poppie Nongena

Beste kinematograaf

Vicci Turpin – Poppie Nongena

Beste oorspronklike klankbaan

Kyle Shepherd – Fiela se Kind

Beste grimering en haarstilering

Gale Shepherd – Poppie Nongena

Beste kostuumontwerp

Sylvia van Heerden – Poppie Nongena

Beste klankontwerp

James Olivier, Richard West, Simon Ratcliffe – Poppie Nongena

Beste ensemble-spel

Poppie Nongena

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Deel XV van die WAT is beskikbaar en die Aanlyn WAT is bygewerk en verbeter

Deel XV strek alfabeties van SKOOL tot by SRI LANKAANS en op ‘n enkele bladsy …

Inskrywings open binnekort vir Maak My Famous 2!

Die werklikheids-TV-program Maak My Famous het kykers vroeër vanjaar met ongelooflike talent van dwarsoor Suid-Afrika …