Maandag , September 16 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Dewald Wasserfall trots op eerste SAMA benoeming!

Dewald Wasserfall trots op eerste SAMA benoeming!

Dewald Wasserfall se nuwe album #EkEnJy is in September 2014 uitgereik en musiekkenners is dit eens met musiekliefhebbers dat dit ‘n produk van wêreldgehalte is deurdat dit sopas benoem is vir ‘n SAMA toekenning in die Beste Kontemporêre Album kategorie. Dis Dewald se eerste SAMA nominasie, maar dit volg in die voetspore van vorige Ghoema sukses en beaam die 2015 Ghoema beoordelaars se benoeming van die einste album in die Beste Kontemporêre Album deur ‘n Manlike Kunstenaar kategorie.Dewald Wasserfall SAMA 2015*

#EkEnJy verkope het reeds goue status bereik met meer as 20 000 eenhede wat al verkoop is en die huidige treffer “So eensaam soos die son” doen steeds goed op radiostasies landwyd. Liedjieskrywers soos Johan Vorster en Christoph Kotze het Wasserfall ondersteun in die kreatiewe proses en mede-musikante soos Danny Smoke, Denny Lalhouette, Susan Mouton en Vinnie Henrico beskryf die hele proses in die maak van die album as ‘n groot voorreg. Dewald deel die eer van die SAMA benoeming met hulle almal met die volgende sentiment: “Dis ongelooflik belangrik om jouself te omring met mense wat jou inspireer. Ek respekteer elke persoon wat aan hierdie album gewerk het geweldig baie.”

Om op die hoogte te bly van Dewald se loopbaan en verwikkelinge rondom die 21ste SAMA toekennings wat in April 2015 plaasvind, volg hom gerus op twitter by @DewaldWasserfal.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

`n Goeie jaar vir die sangeres Janie Bay.

“Amper Daar” nommer 1 op Jacaranda FM SA Top 20, Groot FM, Maroela en Joox.Goue …

Taye Brink stel nuwe musiekvideo bekend!

Die talentvolle en pragtige Taye Brink van Boksburg het onlangs die musiekvideo vir haar tweede …

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.