Thursday , November 26 2020
Cheap domain registration and hosting!

Deon Meiring stel nuwe enkelsnit & EP vry!

DEON MEIRING het homself die laaste paar jaar stewig as solo kunstenaar in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie gevestig. Oorspronklik bekend as voorsanger van die groep Glaskas en lid van die duo Dans Dans Lisa, ken aanhangers DEON ook vir die vrystelling van sy projekte ‘Die Slaapkamer Sessies’, ‘Maandeinde’ en sy Desember 2019 EP, ‘Hier By Ons’. Vandag, 16 Oktober 2020 stel DEON sy nuutste EP, GRENSBEWONER vry. Die titelsnit van die EP is ook sy nuwe enkelsnit.

’n Groot deel van die EP GRENSBEWONER is geskryf deur die loop van 2018 met sy ‘Maandeinde’ projek waar hy maandeliks ’n liedjie geskryf het en dit in ’n YouTube video gedeel het. Hy het toe onlangs weer daaraan geskaaf en ook aan splinternuwe liedjies apart van die projek vir die EP vrystelling.

GRENSBEWONER se musiek is ook te hoor in die nuwe kykNET reeks, ‘Kompleks’. Skrywer van die reeks Louis Pretorius het die musiek en lirieke juis via DEON se ‘Maandeinde’ projek op YouTube gehoor en by die teks van die reeks ingeskryf, en sodoende het GRENSBEWONER die temamusiek van die reeks geword. Tydens sy skaafwerk, het DEON elemente van die musiek herskryf om meer van die reeks se inhoud en gevoel te weerspieël. Die GRENSBEWONER EP bevat ook ’n samewerking met Koos Kombuis spesifiek vir die reeks deur Infinity Films vervaardig.

Die inspirasie vir die EP kom dan juis vanaf DEON se ‘Maandeinde’ projek en die idee dat hy as liedjieskrywer nie noodwending ’n maandelikse salaris vir sy werk verdien nie: “Die musiek ontstaan eers, sonder enige belofte van ‘n betaling. Ek wou graag met dit in gedagte myself uitdaag om elke maand iets te deel sonder dat ek vooraf weet wat daarvan gaan word. So dan het ek maar elke maand geskryf oor die dinge in my lewe soos die jaar vorder.”DEON.

Die liedjies is tydens inperking in DEON se huis opgeneem, en dan vir vervaardiger Johan Viljoen gestuur om verder daaraan te werk en ekstra instrumente by te voeg. Met eenvoudige instrumentasie is die musiek akoesties en doelbewus redelik vry opgeneem met lirieke in die voorgrond en musiek lig en gemaklik in die agtergrond.

“Ek dink daar is in al die liedjies iets van ‘n verlange – soms na ‘n persoon, soms na ‘n ander tyd of ander plek. Ek voel verlange is menslik, dalk onvermydelik, maar in die liedjies probeer ek ook uitwerk hoe om darem vorentoe te kyk. Vandaar die idee om op ‘n grens te woon: tussen dit wat verby is en dit wat nog kom.”DEON MEIRING.

GRENSBEWONER Liedjielys:

1. Grensbewoner
2. Lyntjies T-Hemp
3. Bicycle Sonder ‘n Slot (met Koos Kombuis)
4. As jy my oopskeur
5. Hoe ek regtig lyk
6. Soos ‘n Spinnerak

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Katinka bring haar Sass…. die nuutste Somer-treffer!

Katinka, beter bekend as Katinka Die Kat is reeds bekend as ‘n sosiale media influencer …

Die romantiese kant van Brendan Peyper!

Ons kan almal debateer oor die jaar 2020 wat nou uiteindelik op sy einde staan, …