Woensdag , Junie 19 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Deon Meiring – Die slaapkamer sessies

Deon Meiring – Die slaapkamer sessies

Deon Meiring, die hoofsanger, kitaarspeler en liedjieskrywer van die groep GLASKAS is al sedert 2006 besig om die land vol te reis om orals te vermaak. Hy is reeds goed gevestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en met vier suksesvolle GLASKAS albums op die rakke en sy betrokkenheid by die popgroep DANS DANS LISA (wat hy saam met Bouwer Bosch in 2009 gestig het, het die tyd aangebreek om nuwe horisonne te verken…

Deon het in 2013 ’n projek genaamd Die Slaapkamer Sessies aangepak waar hy vir tien weke lank elke week ’n liedjie geskryf en opgeneem het op video in ’n nuwe slaapkamer. Die videos is dan op YouTube gedeel met die publiek. Die projek was so suksesvol dat dit nou voortaan ook in die vorm van ‘n EP beskikbaar sal wees.

Vir sy debuut EP is vyf van hierdie liedjies gekies en in ’n ateljee vervaardig. Die slaapkamers is ’n simbool van die intieme aspek van die musiek en hoe Deon as liedjieskrywer sy binnekamer met ander deel. Die Slaapkamer Sessies is veral met eenvoud in gedagte geskryf en lirieke in die voorgrond. Die liedjies behandel temas soos geloof, liefde en menswees.

Die eerste enkelsnit vanaf hierdie EP getiteld Voetganger is pas aan radiostasies landswyd utigereik en die terugvoer is oorweldigend. Kyk hier na die video:

Facebook: https://www.facebook.com/meiringdeon

Twitter: @DeOnMeiring

Deon Meiring – Die Slaapkamer Sessies word uitgereik deur Kanada Records en is vanaf middel September 2014 beskikbaar.

Publisiteit & Bemarking: Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

www.starburstmusic.co.za

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Jauni M se debuut-album sal by almal aanklank vind!

Daar is min sangers wat veelsydig genoeg is om ’n impak te hê in verskeie …

Boerepompie deur RICUS NEL ft. SNOTKOP!

Ricus Nel het ‘n baie unieke talent om nuutskeppings en nostalgie tussen twee omslae te …

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.