Donderdag , November 21 2019
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Deel XV van die WAT is beskikbaar en die Aanlyn WAT is bygewerk en verbeter

Deel XV van die WAT is beskikbaar en die Aanlyn WAT is bygewerk en verbeter

Deel XV strek alfabeties van SKOOL tot by SRI LANKAANS en op ‘n enkele bladsy kry u sulke prikkelende lekkerkrywoorde soos snoesel, snoeshaan, snoetbus, snoewery en snol.  Deel XV bevat ook ‘n Addendum met bykans 1 000 nuwe woorde van A tot S.  Die Addendum gee aan ons ʼn idee wat sedert die publikasie van elke deel in Afrikaans gebeur het, beginnende by deel I in 1951. Aanlyn en amabokoboko was nog nie ʼn vonkel in Afrikaans se oog in 1951 nie, ook nie banting, beurtkrag en CD nie. Gay, geelkaart, geheuestokkie, gemorskos, glasnost, google en hardeskyf was destyds nie eens ʼn hersenskim nie.

Die Aanlyn WAT is nou ook bygewerk tot by SRI LANKAANS en aangevul met nuwe woorde van A tot S. Net soos in die geval van die Addendum van deel XV is die aanvulling nie uitputtend nie. Die redaksie het bloot die werk aan die letter S vir ses maande onderbreek om die WAT met nuwe woorde en nuwe betekenisse van reeds opgeneemde woorde van A tot S aan te vul.

Die bestelvorm vir deel XV van die WAT, die Aanlyn WAT en ons ander produkte is hierby aangeheg.  U kan nou kies tussen standaardposdiens en Postnetkoerierdiens. Die koerierdiens is van Postnettak na Postnettak: as u dit by u huis afgelewer wil hê, moet u met ons reël vir ‘n bybetaling.  Alle produkte kan ook kontant by die WAT in Banghoekweg 115, Stellenbosch gekoop word of afgehaal word nadat u ‘n elektroniese betaling gedoen het.

Bestel nou! Klik hier vir die bestelvorm.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Maroela Media spog nou met eie liedjie!

Nuus is, net soos musiek, iets wat nooit uit die mode gaan nie. Dit trek …

Nuwe aanstellings by Kunste Onbeperk!

Lizané Basson is aangestel as die nuwe algemene bestuurder en Jenna-Leigh Bilong as die nuwe …