Maandag , Februarie 18 2019
Home / Music / Deca stel nuwe album bekend, Naturally!

Deca stel nuwe album bekend, Naturally!

et soos die album se naam (Naturally) getuig, bring die populêre instrumentale duo, DECA, ’n splinternuwe album en stuur dit hulle repertoire in ’n meer natuurlike en organiese rigting. Douw Steyn en Herman Steyn, is weer aan die stuur van die viool– en kitaarpligte.

DECA se eerste album, Black Sails, was taamlik organies, maar met die nuwe album wou hulle dit ’n stappie verder neem. “Daar is heelwat meer organiese klanke soos perkussie, mandolien, dwarsfluit en penniefluit. Die titelsnit, Naturally, lê vir ons na aan die hart, asook Hilltop Jig wat baie divers in musikale struktuur is. Ons hoop ook dat ons weergawe van Ed Sheeran se Perfect, die hartsnare sal roer,” vertel Douw.

Daar is ook iets vir die jonger gehoor – Shut Up and Dance With Me is ’n populêre treffer op die nuwe album en met die groot oplewing in die musiek van Queen as gevolg van die film, Bohemian Rhapsody, sal die liedjie The Show Must Go On ook baie aanklank vind by gehore.

Die herinneringe en nostalgie leef voort met DECA se weergawe van André de Villiers se Memories – baie mense sal dit herken as die snit wat jare gelede in die klassieske Volkswagen-advertensie gebruik is.

Douw is die uitvoerende vervaardiger van die album en William de Bruin is die medevervaardiger.

Herman Steyn sal eersdaags ’n operasie ondergaan vir ’n paar maande buite aksie wees waartydens die baie begaafde Siobhan Lloyd-Jones vir ’n tydperk sy vioolskoene sal volstaan.

DECA se nuwe album, Naturally, is nou op alle digitale platforms beskikbaar.

LIEDJIES OP DIE ALBUM

Naturally

Perfect

Shut Up and Dance With Me

This Is Me

Hilltop Jig

Shallow

Sound of Silence

Swallowtail Jig

The Show Must Go On

It ain’t Me

Memories

SOSIALE MEDIA-SKAKELS

Facebook

Twitter: @decaband

Instagram:           @decabandsa

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Apple Presents the Best Of 2018

Apple Music To close out an extraordinary year, Apple Music’s editors have awarded highest honours …

Rolene Strauss se inspirasie-album is nou beskikbaar!

Voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld – Rolene Strauss – se inspirerende gesels-album, SECRETS TO MY …