Dinsdag , Oktober 23 2018
Home / Afrikaanse Musiek / DECA en Len Muller maak musiek om te oorwin!

DECA en Len Muller maak musiek om te oorwin!

Die instrumentele musiekgroep, DECA en die talentvolle sanger, liedjieskrywer en musikant, Len Muller, het kragte saamgesnoer en ‘n inspirerende liedjie, wat spreek van oorwinning, opgeneem!

Hierdie liedjie, getiteld, Oorwin, word gedurende die week van 5 Maart 2018 aan radiostasies landswyd bekendgestel.

Douw Steyn van DECA sê: “Ons is groot aanhangers van Len Muller en was lus om iets nuuts te doen wat nie net instrumentaal is nie.  In ons oë was Len die perfekte kandidaat en hy het ja gesê toe ons hom vra!  Ons hoop dat hierdie lied die luisteraars sal kan help om uit moeilike tye op te staan en te glo dat enigeiets moontlik is, en uiteindelik te Oorwin”.

William de Bruin, skrywer van die lied, het self gedurende 2017 deur ‘n jaar gegaan waar depressie in sy lewe amper die oorhand gekry het, maar met die ondersteuning van sy vriende en geliefdes het hy daarin geslaag om dit te bowe te kom.  Ek en Douw skryf reeds ‘n geruime tyd saam musiek.  Aangesien hy ook een van my beste vriende is, verstaan hy my baie goed. Vanuit ‘n skryfwersperspektief is dit hoe Oorwin ontstaan het. Omdat Len ook ‘n kunstenaar is met ‘n dieper aanslag het ons hom vertrou met die vertolking daarvan – en hy’t hom uitstekend van sy taak gekwyt. Ons kry dikwels in die bedryf met groot ego’s te doen, en daarom was Len se professionele etiek en nederigheid verfrissend – dit was net ‘n plesier om saam met hom te werk”, sê William.

Op sy beurt sê Len dat hy baie van die lied gehou het toe hy dit die eerste keer gehoor het en dat dit vir hom ‘n geweldige voorreg was om saam met die talentvolle DECA te kon opneem.  “Dit is altyd vir my lekker om saam met ander kunstenaars te werk wat my uitdaag om te groei.  Ek wil altyd musiek maak wat mense inspireer en hoop gee.  Ek glo die lied kan iets vir iemand beteken en daarom sing ek dit uit my hart uit, vir die groter doel”.

Oorwin is beskikbaar op DECA se tweede album, DECA II en ook op iTunes:

SOSIALEMEDIASKAKELS VIR DECA:

Facebook

Twitter:  @decaband

Instagram:  @decabandsa

SOSIALEMEDIASKAKELS VIR LEN MULLER:

Facebook

Twitter: @lenniemuller

Instagram: lennie.muller

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Early B reik enkelsnit uit saam met Jack Parow en Justin Vega

Die gewilde en bekroonde kletsrymer van Port Elizabeth, Early B, se spitsvondige lirieke en humoristiese musiekstaaltjies, …

Samantha Leonard stel musiekvideo bekend!

Samantha Leonard se eerste Afrikaanse enkelsnit, ’N DUISEND KEUSES, is gedurende September 2018 vrygestel en is …