Dinsdag , Januarie 21 2020
Home / Afrikaanse Musiek / Danny Smoke stel tweede video van trilogie bekend

Danny Smoke stel tweede video van trilogie bekend

Sensueel en romanties… Danny se eiland-vakansie bereik sy volgende hoofstuk met sy musiekvideo van, T-Shirt. Die gevoelens van ‘n nuwe liefde word uitgebeeld in die dra van ‘n eenvoudige T-shirt.

T-Shirt is deel van ‘n trilogie en volg op die vrystelling van Soek Jy Aandag Of Soek Jy My Lyf? wat onlangs vrygestel is.  In laasgenoemde video begin Danny ‘n nuwe verhouding met ‘n beeldskone vreemdeling. Soos wat hulle paaie herhaaldelik kruis groei hulle passie en energie vir mekaar.

In T-Shirt sien ons waarheen lei al hierdie passie…

Danny se eerste enkelsnit, JOU LIPPE, was uit die staanspoor ’n gunsteling onder musiekliefhebbers en was die perfekte lusmaker vir sy debuutalbum, SWAELTJIES, wat ook nou landswyd beskikbaar is!

Sy debuut-vrystelling bestaan uit dertien snitte wat spesiaal verwerk is om sy stem en kitaarspel pragtig ten toon te stel.

Wanneer dié veelsydige ster nie besig is om te sing of kitaar te speel nie, hou hy ook sy lyf vervaardiger en voel hy geseënd om al vir twintig jaar betrokke te kan wees in alle aspekte van dié bedryf waarvoor hy so lief is. “Ek kom uit ’n musikale familie en daarom was musiek nog altyd deel van my lewe. Op ’n baie jong ouderdom, het ek die geleentheid gehad om ’n kitaar op te tel en te leer speel. Daarmee saam het ek die voorreg gehad om produksiewerk te begin doen vir van die land se top kunstenaars. Dit was nog altyd ’n groot droom om my eie album te skryf, te vervaardig en daarop te sing,” sê hy.

Volgens Danny put hy die inspirasie vir sy musiek uit persoonlike ervarings en geniet hy elke oomblik wat hy op die verhoog kan wees. Omdat hy self musiek vervaardig, vind hy aanklank by die meeste genres en style. Hy het groot bewondering vir Ryan Tedder van One Republic omdat hy so veelsydig is en respekteer enigiemand wat dapper genoeg is om musiek as ’n loopbaan te kies. Verder probeer hy sover as moontlik uit musiekpolitiek uit bly en meen hy dat dit belangrik is om jou eie stem te vind en te fokus op wat jou uniek maak, omdat musiek nie ’n kompetisie is nie.

Danny Smoke pak alles wat hy doen met passie en presiesheid aan en dit word baie duidelik in sy eerste album uitgebeeld. Die moderne benadering en eerlike vertolking van die liedjies op SWAELTJIES en sy unieke stem, is die perfekte pasmaats vir ’n eindproduk wat nie net ’n opskudding gaan veroorsaak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie, maar ook reeds diep in die publiek se harte ingekruip het.

SNITTE OP DIE KOMENDE ALBUM
Jou Lippe
Gaan Ons Inlê
Swaeltjies
T-shirt
As jy so vir my kyk
Soek jy aandag of soek jy my lyf
Droomtrein
Iemand Anders
Skoon Was
Laai Jou Geweer
Alles
Trippe Trappe Trone
Onder My Vel (met Marzanne)

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook
Twitter: @Danny_Smoke
Instagram: @dannysmokeking

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Joe F leen liedjie uit Nederland vir nuwe enkelsnit

Dit is verseker nie die eerste keer dat Suid-Afrikaanse sangers liedjies uit Nederland (en vice …

Pieter Koen is terug met opwindende musiekversoekprogram, MusiekBox!

Die immergewilde Pieter Koen is terug op die kassie in Desember vir twee baie spesiale …