Dinsdag , Oktober 16 2018
Home / Music / Country Hartland – Stampvol gunstelinge met hope skop!

Country Hartland – Stampvol gunstelinge met hope skop!

Jy sal min albums teëkom wat die wêreld van cowboy-hoede, flenniehempde, groot gordels, denim, behoorlike cowboy-stewels en blink, bulderende Amerikaanse metaal so goed in musiek vasvang soos Country Hartland!

Dié album beslaan 22 snitte van onder andere Lady Antebellum, Shania Twain, Alan Jackson, John Denver, Martina McBride, Brooks & Dunn, Dolly Parton, Willie Nelson, Johnny Cash en ‘n hele rits ander top oorsese kunstenaars.image001

Liedjies soos “Any man of mine”, “Little bitty”, “Tequila Talkin’”, “Jolene”, “Ring of fire” en “Mamma’s don’t let your babies grow up to be cowboys” weerklink in ‘n verskeidenheid musikalegeure – van rustige, meer akoestiese klanke tot aansteeklike opskop-ritmes – in ‘n fees van volbloed country-genot!

Vanuit eie bodem voeg Ricus Nel, Blackbyrd, en Ray Dylan ook daai ekstra lekker vonk by met die Don Williams treffer, “I recall a gypsy woman”, die nuutskepping, “Still not over you” en Percy Sledge se “My special prayer” – eg Amerikaanse styl met trots Suid-Afrikaanse oemf!

Country Hartland is een van daardie albums waar jy baie moeilik enige van die snitte sal oorslaan – een wat enige volbloed country-hart in sy element sal hê!

Die album is landswyd beskikbaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Qwade Dunn stel nuwe somertreffer vry!

Wat is die geheim vir die perfekte somertreffer? Vars veelsydige talent, ’n opgewekte wysie en …

Prime Circle begin hulle eie musiek-en leefstyl fees!

Prime Circle onderneem ’n splinternuwe reis met die aankondiging van hulle eie musiek- en leefstylfees: …

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.