Woensdag , Augustus 15 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Cordelia se “Wees lief” – ‘n album propvol liefde, hoop en skop!

Cordelia se “Wees lief” – ‘n album propvol liefde, hoop en skop!

Kort na die vrystelling van haar nuwe enkelsnit, “Wees lief”, is Cordelia se album met dieselfde titel op die rakke – oorgehaal om een van die lekkerste musiekverrassings van 2018 te wees!

Hierdie album borrel oor van lewenslus en lekkerkry en is ‘n viering van die liefde, die lewe, ‘n positiewe ingesteldheid en genade van Bo.

Die 13 oorspronklike Afrikaanse snitte wat hierdie album beslaan verskaf eersteklas luistergenot, met sterk en impakvolle lirieke, voetstamp-lekker ritmes, polsende baslyne, dawerende harmonieë en progressies wat hart, siel en dansskoene ewe veel sal prikkel!

‘n Pop geur, versterk deur elektriese kitaar en techno-ondertone, afgewissel met meer akoestiese klanke, simfonie-elemente, ‘n tikkie country en selfs ‘n sprinkel reggae, maak van hierdie album ‘n diverse boeket van topgehalte musiek.

Hoë-tempo snitte soos “Lepel in die dak wegsteek”, “Verlang jy my”, “Vreesloos”, “Draai om” en “Tussen die Duiwel en die diep blou see” word afgewissel met rustiger nommers soos “Volmaak”, “Nader aan jou” en “Dryfsand” – ideaal vir diegene wat hulle asem sommer so op die dansvloer wil skep!

“Sewe dae van die week” is ‘n snit wat skitter as ‘n onbeskaamde en energieke uitbasuining van ‘n geloofsoortuiging wat stuit vir niks – een wat oorloop van vreugde en dankbaarheid vir gawes uit die Vader se hand.

Hiermee saam is “Wees lief” ‘n snit waar Cordelia die siel agter haar sang in pragtige eenvoud blootlê – ‘n diepgaande boodskap van ‘n liefde wat verstaan, bly staan, saam staan deur alles, ander opbeur en red uit hulle donkerste tye met ‘n “water van liefde”. Liefde wat op ‘n amper kinderlik eenvoudige manier enige uitdaging, hoe kompleks ookal, te bowe kan kom!

“Wees lief” as ‘n album is sorgvuldig aanmekaargesit, keurig verwerk en uitstekend uitgevoer – een wat op ‘n besondere wyse inspireer en die vuur van lewe met oorgawe in jou wese sal insing!

Wees lief, net lief, so lief.

Die album is nou landswyd asook aanlyn beskikbaar.

Kyk na die musiekvideo:

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Martin Bester wil net wees wie hy is, sonder toestemming!

Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras …

Leon Gropp stel nuwe musiekivdeo op unieke wyse bekend!

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, BAKENLIG, is reeds ‘n paar weke gelede met groot sukses …