Vrydag , Julie 20 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Classics in Junie terug ná fenominale sukses verlede jaar!

Classics in Junie terug ná fenominale sukses verlede jaar!

Die musikale skouspel Classics keer terug na Pretoria in Junie en vanjaar kan gehore uitsien na ’n toer deur die eeue van treffers – van Bon Jovi na Andrew Lloyd Webber, van Cyndi Lauper na Evanescence. Verlede jaar se konsert het die maatstaf gestel vir ’n ongeëwenaarde musikale extravaganza en vanjaar se produksie beloof om die gehoor asemloos te laat.

Die tydlose popmusiek van ABBA, die geniale liedjieskrywer Elton John en die rou rock-en-roll krag van Queen is maar enkele van die hoogtepunte wat deur sommige van Suid-Afrika se grootste vokale talente uitgevoer sal word, langs die kragtige klanke van ’n volle simfonie-orkes.

Classics 2018 sal extravaganza ’n nuwe betekenis gee. Vanjaar vereer ons die grootste musiek-ikone en doen selfs uittreksels van die legendariese The Lion King en The Greatest Showman – die rolprent tans op almal se lippe”, sê Barry Pretorius, kreatiewe regisseur van Classics.

Die engel-stem van die internasionale sangsensasie Amira en die onberispelike Touch of Class sal weer die verhoog deel met die vokale virtuosos Corlea en Jannie Moolman vir boeiende oomblikke wat jou asem sal steel. Ook op die verhoog: Die bekende internasionale sanger Joseph Clarke, bekend vir sy briljante vertolking van Freddie Mercury (Queen at the Opera), Tarryn Lamb, wat die publiek as een derde van die groep Blackbyrd sal herken, sowel as die pragtige Afrikaanse sangeres Monique Steyn.

Pretorius sê die gehore kan uitsien na ’n magdom hoogtepunte. “Classics was nog altyd ’n wêreldklas-produksie en met die hulp van die nuwe 9 000-sitplek, Sun Arena, is ons voorbereid om gehore weg te blaas.”

Danksy die internasionale gehalte van Classics, het Amira en Patrizio Buanne se vertoning van O Sole Mio meer as 17 miljoen kyke op YouTube geniet. Dit bewys dat Classics kan meeding met sommige van die grootste konserte regoor die wêreld.

Dié produksie vind plaas op Saterdag, 9 Junie om 13:00 and 19:30. Dit het ’n nuwe tuiste en sal vir die eerste keer by die nuwe Menlyn Maine, Sun Arena @Time Square gehou word. Gaan loer op Facebook (@AfrikaansisGroot), Twitter (@AfrIsGroot) en Instagram (@afrisgroot) om deel te neem en op hoogte te bly met al die nuus.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

BOON laat Weiveld ontplof met nuwe temalied!

Is dit Pitbull..?! Dalk Jack Parow..?! Nee wag, dit lyk mos soos Queen… of is …

Weiveld gaan ruk hierdie Vrydagaand!

Die bekende en sekerlik een van die grootste kuierplekke in Pretoria, Weiveld, gaan ruk en …