Wednesday , September 30 2020
Cheap domain registration and hosting!

Christia Visser se wildste oomblik!

Geliefde Suid-Afrikaanse aktrise Christia Visser het die musiekbedryf behoorlik op storm geneem en haarself gevestig as een van die grootste vroulike kunstenaars in Suid-Afrika. In 2019 het sy haar eerste treffer-enkelsnit 17 SHOTS bekendgestel wat ook Goue Status behaal het. Kort daarna stel sy Die Deurbekend wat ook onlangs Goue Status bereik het. Ons Maak Saak volg kort daarna saam met Elandré, Brendan Peyper en Refentse. In 2020 stel sy haar vierde enkelsnit bekend Kaal Voor Jou.

Die album bestaan uit alternatiewe-pop klanke en sterk ballades wat haar unieke stem na vore gaan bring soos nog nooit tevore. Treffers wat op die album sluit in Wildste Oomblik, Ek Is Net ‘n Mens, Gemaklik Verlore en Stukkie Vir Stukkie sal Suid-Afrikaners se wildste verwagtinge oortref.

Die tema en lirieke van die album draai om die uitdagings van ons daaglikse lewens, om jouself te vind en ‘n persoonlike boodskap van hoop waarmee meerderheid van ons kan vereenselwig.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Wit Kasteel se tweede enkelsnit, HERINNERING, gaan jou verseker dansvloer toe lok!

Die gewilde rockgroep, Wit Kasteel, wat bestaan uit Clemond Dartnall (hoofsanger en kitaarspeler), Ernst Nieuwoudt …

Jan Blohm se Levi Jeans gaan oor die bemagtiging van vroue en…Jenny

In Julie vanjaar het die bekroonde musiekdigter, Jan Blohm, sy nuwe album Jenny vrygestel.  Tot …