Woensdag , Oktober 16 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Christia Visser los Die Deur oop met haar nuwe enkelsnit

Christia Visser los Die Deur oop met haar nuwe enkelsnit

Christia Visser het haarself werklik gevestig as ‘n nuwe vroulike sanger in die Afrikaanse musiekbedryf na die weghol sukses van haar debuut-enkelsnit, 17 Shots!
Nie net is sy ‘n gevestigde aktrise nie, maar ook nou ‘n sangeres wat op almal se lippe is.

Haar tweede enkelsnit Die Deur, beoog om selfs ‘n groter treffer te wees as 17 Shots. Weereens bring sy ‘n alternatiewe-pop enkelsnit wat haar stem- en skryftalent uitbeeld.
Die nuwe enkelsnit gaan oor ‘n gebroke verhouding en hoe moeilik dit is om daarvan te ontsnap. Die klanke is uniek in hulle eie manier en vervaardig in ‘n
vars, nuwe internasionale styl wat nog nie gedoen is deur ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar nie.

Die nuwe musiekvideo bring Christia se talente uit as gevestigde aktrise in Suid-Afrika, wat weereens vervaardig is deur Uga Carlini en beoog om die beelde
te neem na nuwe hoogtes met baie sterk beeld materiaal, visuele aspekte en ‘n ongelooflike optrede deur Christa.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Douvoordag sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in nuwe enkelsnit!

Die gewilde duo, Douvoordag (Jattie & Ilse de Beer), sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in hulle …

Nuwe enkelsnit Die Heelal met Janie Bay en Early B pas uitgereik!

Die gewilde sangeres Janie Bay het pas haar tweede enkelsnit in 2019 uitgereik. “Die Heelal”, …