Chorizo en suurlemoen hoender met Drostdy-hof Claret

278

Die kosskrywer Sarah Graham se Food Safari is tans op Sondae van 18:00 tot 19:00 op M-NET te sien. Hier stel dié bekende kospersoonlikheid self allerlei interessante resepte ten toon wat deur plaaslike gonsplekke orals op die vasteland geïnspireer is. Drostdy-Hof, Suid-Afrika se gunstelingwyn, was op haar reis altyd saam met haar.

’n Mens besef sommer dadelik waarom Sarah so gewild is. Haar resepte is sonder foefies, maar die resultate is skouspelagtig., soos hierdie eenvoudige maar besonder smaaklike chorizo-en-suurlemoenhoender met blomkoolpuree wat sy met Drostdy-Hof Claret Select bedien.Screen Shot 2015-12-28 at 16.27.01

Dié rooi lekkerdrinkversnit bied ’n ryk boeket van ryk bessiesmake wat goed by die stewigheid van die chorizo en hoender pas.

Chorizo-en-suurlemoenhoender met blomkoolpuree

Lewer 4 porsies | Bereiding 10 minute | Gaarmaaktyd 1 uur

BESTANDDELE

Vir die hoender

3 hoenderdye met vel

1 t tiemie, gedroog

1 E olyfolie

1 E botter

3 middelslag rooi uie, grof in sesdes gesny

200 g chorizo, grof gekap

1 suurlemoen, gehalveer

200 ml Drostdy-Hof 2015 Sauvignon Blanc

2 E gekapte vars pietersielie vir bediening

Vir die blomkoolpuree

1 middelslag blomkool, grof gekap

2 t olyfolie

2 t botter

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

METODE:

  • Voorverhit die oond tot 180 °C. Geur die hoenderdye met sout, peper en tiemie.
  • Verhit ’n oondvaste kastrol op die stoof, voeg die olyfolie en botter by, en braai die hoender ongeveer 3 minute lank aan elke kant tot bruin. Verwyder en plaas eenkant.
  • Voeg die uie by die kastrol en braai ongeveer 3 minute lank. Roer dikwels. Voeg die chorizo en suurlemoenhelftes by en kook ongeveer 3 tot 5 minute lank.
  • Verwyder die kastrol van die stoof en plaas die hoender met die uie en chorizo terug in die kastrol. Gooi die Drostdy-Hof Sauvignon Blanc by, plaas die deksel op die kastrol, en plaas 30 minute lank in die oond.
  • Berei die blomkool terwyl die hoender gaar word. Kook die blomkool in ’n aparte kastrol tot sag. Verwyder van die kastrol en dreineer deeglik. Voeg die olyfolie en botter by en puree met ’n stangmenger tot glad. Pas die geurmiddels na smaak aan.
  • Bedien met ’n ruim skep blomkoolpuree op ’n bord en die hoender-en-chorizo bo-op. Gooi vars pietersielie bo-oor.

Geniet laastens ’n glas van die Claret Select saam met dié stewige maaltyd.

Gaan na www.drostdyhof.com/za vir meer oor die handelsmerk.

Volg Drostdy-Hof op Facebook en Twitter.

Praat saam met #RealWineRealMoments

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments