Donderdag , November 21 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Cheswyn Ruiters stap weg met die Maak My Famous-titel

Cheswyn Ruiters stap weg met die Maak My Famous-titel

Die 23-jarige Cheswyn Ruiters van Worcester is die wenner van die heel eerste Maak My Famous. As deel van sy prys, ontvang Cheswyn die volgende:

  • ‘n Jaarlange kontrak van All Star Management – Cheswyn gaan nou saam met Emo Adams op toer
  • ‘n Jaarlange bemarkingskontrak van Ian Bredenkamp media
  • R50 000 se klere en bykomstighede van TFG
  • ‘n Motor van Toyota ter waarde van R380 000
  • R100 000 kontant

Die aand het bestaan uit verskeie hoogtepunte. Die Maak My Famous Top 10 het weer saam opgetree en die gehoor op hul voete gehad met ‘n medley van liedjies. En wat sou die Maak My Famous finaal gewees het sonder ‘n optrede van Emo saam met die Top 4? Hul weergawe van ‘Wake me up before you go-go’ het die gehoor behoorlik gaande gehad.

Een van die Maak My Famous Top 48, André van der Walt, het weer sy verskyning gemaak. Kykers kon vroeër stem om een van die Top 48-deelnemers weer in die finaal te sien optree, en dié Mnr Bene van Potchefstroom het die meeste stemme ontvang. 

Die gaskunstenaars het ook nie terug gehou nie, met Karen Zoid wat haar trefferliedjie, ‘As Musiek begin speel’, opgevoer het en Belinda Davids wat nuwe betekenis gegee het aan Whitney Houston se liedjie, ‘One moment in time’. Kurt Darren het vermaak met ‘n medley van sy treffers. 

Die publiek het ook die afgelope week die geleentheid gehad om te stem vir hul gunsteling deelnemer in die Top 4. Met meer as 1,4 miljoen stemme wat ingekom het, was dit ‘n moeilike besluit, maar Emo kon uiteindelik aankondig dat Megan Danner die eerste deelnemer is in die Top 3. Sy het toe die geleentheid gehad om ‘You shook me all night long’ te sing.

Cheswyn Ruiters was die volgende deelnemer wat die Top 3 gehaal het. Hy het die gehoor bederf met ‘When a man loves a woman’. En die laaste deelnemer in die Top 3 – niemand anders as Bernice West! Sy het net daar losgetrek met ‘Eye of the tiger’.

Oudergewoonte was Emo Adams vol verrassings. Hy het besluit om nie net vir die wenner nie, maar vir almal in die Top 4, ‘n jaarlange kontrak van All Star Management te gee. Dit sluit SA Ensemble in, wat ook die geleentheid gehad het om vir die eerste keer die man wat hulle ingeskryf het, Chris van Niekerk, te ontmoet.

En in ‘n ware Oprah-oomblik, het die Top 10-deelnemers elkeen R10 000 in kontant, geborg deur Toyota, ontvang. Die naaswenner ontvang ook R50 000 in kontant. 

Ná al die opwinding was dit tyd om aan te kondig wie hul plekke in die Top 2 sou inneem. Karen Meiring, M-Net Direkteur: kykNET kanale, het Bernice West en Cheswyn Ruiters aangekondig as die Top 2. Emo het in ‘n baie emosionele oomblik almal verder verras – hy neem albei saam op toer!

Daarna kon Emo dit nie meer langer hou nie en het hy die groot aankondiging gemaak – die wenner van die eerste Maak My Famous – Cheswyn Ruiters!

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Kyle Grant: Grown-Up Christmas list se musiekvideo is hier!

Die uiters gewilde en talentvolle, Kyle Grant, het onlangs sy enkelsnit, GROWN-UP CHRISTMAS LIST, vrygestel. …

Jauni M stel nuwe enkelsnit bekend!

Jauni M het gedurende Junie 2019 haar debuut-album,  NIEMAND ANDERS, uitgereik en daarmee bewys dat sy …