Woensdag , Junie 19 2019
Home / Afrikaanse Musiek (page 4)

Afrikaanse Musiek

Chereé is terug!

Ons leef in ’n tydperk waar almal in die wêreld, meer as ooit tevore, met mekaar verbind is. Tog lyk dit asof die mensdom vergeet het hoe om op ’n emosionele vlak met mekaar te kommunikeer.  In haar splinternuwe enkelsnit, PRAAT, spreek Chereé hierdie belangrike kwessie aan. Dit is tien …

Lees meer

Sky Ocean se splinternuwe enkelsnit, Retrospek Van Liefde is hier!

Die gewilde sangeres, Sky Ocean, het pas haar nuwe enkelsnit, Retrospek Van Liefde, bekendgestel. Die liedjie volg op die hakke van haar eerste twee enkelsnitte, Blackholes in my Head en Vlekke, wat steeds baie gewild onder luisteraars is.  “Wanneer jy verlore raak in jou eie denke of vir ’n oomblik …

Lees meer

Louis Geldenhuys beïndruk met eerste Afrikaanse enkelsnit!

Die opgewekte, meesleurende wysie en vrolike liefdeslirieke van die sanger Louis Geldenhuys se nuwe liedjie, HARTE IN DIE LUG, gaan beslis binnekort ’n gunsteling wees op al wat ’n dansvloer en speellys is. Hierdie enkelsnit is pas vrygestel en het ook reeds ’n draai by die KKNK gaan maak. HARTE …

Lees meer

Valeska Muller stel aangrypende musiekvideo vry!

Die musiekvideo van Valeska Muller se nuutste elektroniese poptreffer, SKYN JOU LIGGIE VIR MY, is pas vrygestel en het reeds almal aan die praat… en met goeie rede, want in hierdie vertelling oorwin sy nie net ’n intense innerlike stryd met haarself nie, maar beïndruk sy ook met haar vernuf …

Lees meer

Lukraaketaar is terug!!!

Die akoestiese musiek duo Lukraaketaar het groot opslae gemaak tydens die ‘Bellville Rock City’ era rondom 2003 – 2008. Pierre Greeff en Alwyn Kotzé was bekend vir hul uitgesprokenheid en retoriese vrae in hul lirieke. Hulle het mekaar jare gelede op Stellenbosch ontmoet en saam begin musiek maak. Greeff beskryf …

Lees meer

Die Jazz-prinses van Mosselbaai met die tydlose stem, Sunel!

Die Jazz-prinses van Mosselbaai met die tydlose stem, SUNEL, wat bekendheid verwerf het vir haar debuut-enkelsnit, Fickle Heart en wie se tweede enkelsnit, Hart Op Jou Mou, bo-aan verskeie trefferparades gepryk het, reik nou gedurende April 2019 haar derde enkelsnit en musiekvideo, HART SE WENS uit.   Sunel het HART …

Lees meer

Michael Blignaut stel nuwe musiekvideo bekend!

Michael Blignaut se tweede enkelsnit, HEMELWATER, is onlangs vrygestel en nou volg die musiekvideo vir hierdie inspirerende lied. Die lied is geskryf deur die uiters talentvolle Vaughan en Nerine Gardiner.Die musiekvideo is in Johannesburg geskiet en begin in ‘n atteljee met fotorame sonder fotos om die leegheid wat hy ervaar, …

Lees meer

Geliefde Suid-Afrikaanse aktrise, Christia Visser betree ook nou die musiekbedryf!

Christia Visser is ‘n pret-geliefde en passievolle kunstenaar gebore en groot geword het in ‘n klein dorpie, Swellendam in die Wes –Kaap. Met haar baie sterk persoonlikheid, wil sy niks anders uitleef as om mense te entertain nie, van dans, rolspel, sing en skryf. Christia is nie meer ‘n vreemdeling in die …

Lees meer

Deon Groot vier goeie tye!

Ons lewe in moeilike tye, met soveel probleme en bekommernisse en dis dikwels moeilik om net te laat gaan en die lewe te geniet. Maar Deon Groot se nuwe enkelsnit en musiekvideo, WYN, herinner ons om presies dit te doen!  Die musiekvideo is pas hierdie afgelope naweek op sosiale media …

Lees meer

Nuwe Afrikaanse Duo stel eerste enkelsnit vry!

SKEMER, ‘n nuwe Afrikaanse man- en vrou-duo, het pas hulle heel eerste enkelsnit vrygestel en hulle gaan verseker Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers is in rep en roer hê.  SÊ DIT HARDER, wat beskryf kan word as ’n moderne Country-liedjie met ’n pop-aanslag, is soos ’n vars briesie in die bedryf en gaan …

Lees meer