Donderdag , Augustus 22 2019
Home / Afrikaanse Musiek (page 4)

Afrikaanse Musiek

Danny Smoke se eerste enkelsnit trek aandag!

Danny Smoke is ‘n gerekende vervaardiger en het veral bekendheid verwerf vir sy fenomenale  kitaarspel. Daar is omtrent nie ‘n verhoog in die land waarop hy nog nie opgteree het nie en agter die skerms was hy betrokke by die vervaardiging van die grootste treffers en sterre se musiek in …

Lees meer

Rise in Red sluit aan by nasionale publisiteitsagentskap!

Die alternatiewe rockgroep van Bloemfontein, RISE IN RED, het pas aangesluit by een van die land se mees gesogte publisiteitsagentskappe, Starburst Promosies. Hulle sluit aan by ’n lang lys bekende en suksesvolle kunstenaars, waaronder ADAM, Jo Black, Early B, Joshua na die Reën, en vele meer, wat ook deel is …

Lees meer

André Schwartz stel unieke musiekvideo vry vir Ek Sal Wag!

André Schwartz, wat pas met ’n Ghoema-toekenning vereer is vir sy lewenslange bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek, is een van die mees geliefde vermaaklikheidskunstenaars in die land en met goeie rede. Dié veelsydige superster is nie net ’n uitstaande sanger, liedjieskrywer, verhoogkunstenaar, akteur (Sterlopers, 7de Laan) en televisieaanbieder nie; maar ook ’n …

Lees meer

Rocco de Villiers wys jou in sy nuwe video – Wat om te dra agter op ‘n bakkie!

Die bekroonde en uiters begaafde pianis, Rocco de Villiers, is terug met ’n splinternuwe musiekvideo, WAT OM TE DRA AGTER OP ‘N BAKKIE. Die video met die komiese titel, het twee doeleindes. “Dit is eintlik gebaseer op n ware gebeurtenis toe ek na ‘n konsert, in my konsertklere, agter op …

Lees meer

Ware liefde is die inspirasie agter Jauni M se nuwe enkelsnit!

Elke mens op aarde wil graag hê dat iemand daar buite opreg vir hulle moet lief wees. Party soek ’n leeftyd na so ’n kosbare verhouding, terwyl ander gelukkig genoeg is om dit wel te vind. Jauni M se splinternuwe enkelsnit, LIEFDE SOOS DAGBREEK, gaan oor die tipe liefde wat …

Lees meer

Opkomende musikante kan by kundiges leer tydens nuwe musiekwerkswinkel!

Daar is baie talentvolle musikante, beide ervare en onervare, wat sukkel om musiekdrome te verwesenlik omdat hulle, uit onkunde, die verkeerde besluite neem en dikwels in slaggate trap wat die potensiaal het om hulle musiekloopbaan op die plek te kelder. Alhoewel dit baie positief is dat daar so baie aspirante …

Lees meer

Dewald Wasserfall se nuwe album is hier! En dis elektries!!

Aanhangers van Dewald Wasserfall sal verheug wees om te hoor dat die gewilde sanger se nuwe album, getiteld “Elektrisiteit” nou besikbaar is. Die kunstenaar met multi-platinum verkope en sakke vol toekennings agter sy naam, se gewildheid het selfs verder toegeneem nadat hy in 2018 een van die afrigters was op …

Lees meer

Janie Bay reik eerste Afrikaanse solo enkelsnit AMPER DAAR uit!

Die gewilde sangeres Janie Bay se eerste Afrikaanse enkelsnit “Amper Daar” is pas uitgereik. Janie verduidelik dat “Amper daar” handel oor hoe dit is om in `n verhouding te wees. “Soos mens dit regtig ervaar, nie soos in die flieks nie.” Janie het al voorheen `n paar Afrikaanse liedjies in …

Lees meer

Jo Black en Albie Morkel stel die Ultimate Aim Sports Pavillion aan die media bekend!

Jo Black, Albie Morkel en vennote (Michael de Jongh, Wynand van Zyl en Bierman Smit) het op Donderdagaand, 16 Mei 2019 hulle splinternuwe sport- en vermaaksentrum vir die eerste keer aan die Suid-Afrikaanse media en uitsoekgaste bekend gestel. Die amptelike mediabekendstelling het op die nuwe perseel – in Breedstraat 622, …

Lees meer