Thursday , November 26 2020

Afrikaanse Musiek

Sincerely Anne deel ‘n kragtige boodskap met nuwe enkelsnit!

Sincerely Anne, wat reeds vir haarself naam gemaak het met haar hoendervleismooi stem en betekenisvolle lirieke, se nuwe enkelsnit is op pad… en net soos met haar vorige vrystelling – She’s on Fire – het sy ’n kragtige boodskap om daarmee te deel. TRANSCEND gaan daaroor om struikelblokke te oorkom …

Lees meer

Afrikaans gaan Global! Moenie dit mis nie!

’n Lewendige stroomkonsert, Afrikaans Gaan Global, sal op Saterdag, 5 September, grense oorskry om verligting te skep onder die donker COVID-19-wolk. Hierdie vertoning is uniek in sy soort met 12 ure se ononderbroke topgehalte vermaak met 25 van die land se grootste kunstenaars onder andere Kurt Darren, Theuns Jordaan, Juanita …

Lees meer

Saarkie verbreek die stilte met langverwagte nuwe enkelsnit!

Hierdie Vrouemaand hou Suid-Afrika se gunsteling-damesrockgroep die eva-naam hoog, met die vrystelling van ’n splinternuwe enkelsnit waarna aanhangers nou al vir ’n hele ruk lank uitsien. REËNWEER val net so lekker op die oor soos ’n salige reënbui op die dak en is, gedurende die eerste vyf weke van die …

Lees meer

Onbeplande kuier inspireer Jan Rhaap se nuwe enkelsnit

Suid-Afrikaners is nou een maal nie gemaak om in afsondering te leef nie. Hulle hou van samekomste en gesellig wees en dit is hoekom inperking die meeste mense so swaar tref. Daarom heg almal deesdae ekstra waarde aan ’n onbeplande kuier saam met vriende en familie. Jan Rhaap se nuutste …

Lees meer

Gratis virtuele musiek- en woordkunsvertoning oor die Psalms gaan inspireer!

Die teoloog, skrywer en geloofsbegeleier, Dr. Ronell Bezuidenhout bied eerskomende Sondagaand, 23 Augustus 2020 om 19h00 ‘n virtuele musiek- en woordkunsvertoning oor die Psalms in samewerking met die bekroonde sanger, liedjie-skrywer, kabertkunstenaar en kunste-entrepreneur Petronel Baard. Die vertoning volg nadat Petronel pas ses toonsettings en verwerkings van die Psalms opgeneem …

Lees meer

Len Muller se nuwe enkelsnit en video,’n TOEVLUG vir almal!

Die talentvolle musikant en sanger, Len Muller het geen bekendstelling nodig nie. Hy het vroeër in 2020, die  enkelsnit en musiekvideo vir sy liedjie, Heildronk, vrygestel, en aanhangers en radiostasies landswyd is gaande daaroor! Nou volg sy enkelsnit, TOEVLUG.  Hierdie liedjie, wat deur Len en Stella (Christelle Combrink) geskryf is …

Lees meer

Christia Visser se debuut-album hier!

Ballade vir ‘n Enkeling, Die Boekklub en Fynskrif het van Christia Visser ‘n huishoudelike naam gemaak. Haar besonderse sangtalent het egter ook meer gereëld in die kollig begin staan en wyd opslae gemaak. Nou – ‘n hele paar enkelsnit-lusmakers later – is haar lankverwagte debuutalbum uiteindelik hier! “Gemaklik verlore” beslaan …

Lees meer

Nathan Smith stel musiekvideo vir titelsnit van nuwe album vry!

“Beplan jou beste vir môre, maar leef vir vandag en geniet wat jy het, want môre sal vir homself sorg”. –  Nathan Smith Bekroonde kitaarspeler, sanger en liedjieskrywer Nathan Smith se splinternuwe album met oorspronklike werke, Here’s to the Now, is gedurende Julie hierdie jaar vrygestel en dié album word …

Lees meer

Dozi skiet nuwe musiek video in swembad!

Die uiters gewilde en bekende Dozi, het gedurende Mei 2020 sy eerste enkelsnit, Partykeer Somtyds, vanaf sy splinternuwe album, Vrede, vrygestel.  Hy het dié album, wat ook sy negentiende album is, se bekendstelling met ‘n gratis aanlyn-vertoning op 27 Junie gevier en hierdie vertoning is deur bykans 7000 plus mense …

Lees meer