Woensdag , Desember 12 2018
Home / Afrikaanse Musiek (page 20)

Afrikaanse Musiek

Negende Klein Karoo Klassique op hoë noot geopen!

Die negende Klein Karoo Klassique het vandag (Vrydag, 11 Augustus) op ’n hoë noot begin met kitaarklanke, bobaas jazz, smulkos uit die Klein Karoo en heerlike wyne. Dié fees van klassieke musiek, kuns, kos en wyn vind tot eerskomende Sondag, 13 Augustus, op Oudtshoorn plaas. “CH2 in konsert was ’n …

Lees meer

Liefde by die dam – ‘n Viering van Suid-Afrikaanse musiek!

Op 6 Augustus het musiekaanhangers van alle ouderdomme saamgekom ter viering van Suid-Afrikaanse musiek by die pragtige Emmarentia Dam in Johannesburg. Met ’n wolklose blou hemel en vroegoggend sonskyn het feesgangers reeds teen 8AM begin toustaan. Majozi was die eerste kunstenaar van die dag en het nie teleur gestel nie …

Lees meer

[Kyk] Nuwe musiekvideo: MWAH! – Beter as sterk

Die Duo groep MWAH wat verlede jaar hulle EP “Nuwe begin” vrygestel het, is opgewonde oor hulle volgende tree.  Na die sukses van “Nuwe Begin” en “Magneties” is dit ‘n voorreg om die nuutste single, “Beter as sterk” met julle te kan deel. Hierdie is die eerste liedjie waar MWAH …

Lees meer

[Kyk] Snotkop se nuutste musiekvideo is hier!

Die ster van die video is die 6 jarige Janco Bester, of mini-snotkop soos hy nou aandring om genoem te word. Ons het hom ontdek toe sy pa n video op facebook vir ons stuur waar hy Snotkop se vorige treffer ‘Hoelykit’ in sy klaskamer sing. Hy is ‘n baie …

Lees meer

Clanwilliam Veldblommeskou gekanselleer.

Die Clanwilliam Veldblommeskou, wat jaarliks in die historiese Blomkerk op dié pragtige dorp gehou word, is vanjaar weens die erge droogte wat die streek teister, gekanselleer. Hierdie besluit is vandeesweek geneem ná deeglike beraadslagings met alle betrokke partye. Die blommeskou sou van 25 Augustus tot 2 September in die kerk …

Lees meer

Juanita du Plessis se liedjie Volla nou in Nederlands?

Dit is glad nie nuus dat van Suid-Afrika se groot name in die musiekbedryf, musiek uit veral Nederland en Duitsland gaan haal het en in Afrikaans vertaal het nie. Vier woorde (Gerrie Pretorius – Bring die liefde terug) is oorspronklik dertig jaar gelede in Afrikaans deur Louise Senekal en Jaco Pieterse opgeneem …

Lees meer

Die Heuwels Fantasties bring bietjie hoop en wys gesig in Binnelanders!

Augustus is ‘n groot maand vir die Die Heuwels Fantasties!  Hulle stel twee nuwe enkelsnitte en twee musiekvideos vanaf hulle vyfde album, OKAY! bekend, kuier saam met Rian van Heerden by JacarandaFM, stel die musiekvideo vir die enkelsit, Laaste Rondtes, bekend op Jukebox, gesels op 6 Augustus met Bravo!, wys …

Lees meer

Koor van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria bekoor beoordelaars

Met hul engelstemme het die koor van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria Saterdagaand die beoordelaars bekoor en is hulle as die beste meer ervare hoërskoolkoor algeheel tydens ATKV-Applous aangewys. Dié koor is ook die beste meer ervare meisieskoor vir 2017. Die buurskool, die Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria, het koning gekraai …

Lees meer

Hoërskool Hendrik Verwoerd kraai koning by ATKV-Applous!

Die Hoërskool Hendrik Verwoerd van Pretoria het Vrydagaand koning gekraai tydens die finaal van ATKV-Applous en is as die beste gemengde Afrikaanse koor en die beste Afrikaanse koor algeheel aangewys. Dié koor het ook die beste uitvoering van die voorgeskrewe werk gelewer. Attie Rossouw, koorleier van dié Pretoriase koor, het in …

Lees meer

Boorling van Dysselsdorp speel eerste plek los in ATKV-Muziq

Sulayman Human (24) se vingerpassies op klaviernote het hom in 2016 ’n derde plek in die ATKV-Muziqkompetisie besorg, maar nou in 2017 spog hy nie net met die eerste plek nie, maar ook ’n prys vir die beste vertolking van ‘n barok- of klassieke werk. Dié boorling van Dysselsdorp, net …

Lees meer