Vrydag , April 26 2019
Home / Afrikaanse Musiek (page 2)

Afrikaanse Musiek

Lukraaketaar is terug!!!

Die akoestiese musiek duo Lukraaketaar het groot opslae gemaak tydens die ‘Bellville Rock City’ era rondom 2003 – 2008. Pierre Greeff en Alwyn Kotzé was bekend vir hul uitgesprokenheid en retoriese vrae in hul lirieke. Hulle het mekaar jare gelede op Stellenbosch ontmoet en saam begin musiek maak. Greeff beskryf …

Lees meer

Die Jazz-prinses van Mosselbaai met die tydlose stem, Sunel!

Die Jazz-prinses van Mosselbaai met die tydlose stem, SUNEL, wat bekendheid verwerf het vir haar debuut-enkelsnit, Fickle Heart en wie se tweede enkelsnit, Hart Op Jou Mou, bo-aan verskeie trefferparades gepryk het, reik nou gedurende April 2019 haar derde enkelsnit en musiekvideo, HART SE WENS uit.   Sunel het HART …

Lees meer

Michael Blignaut stel nuwe musiekvideo bekend!

Michael Blignaut se tweede enkelsnit, HEMELWATER, is onlangs vrygestel en nou volg die musiekvideo vir hierdie inspirerende lied. Die lied is geskryf deur die uiters talentvolle Vaughan en Nerine Gardiner.Die musiekvideo is in Johannesburg geskiet en begin in ‘n atteljee met fotorame sonder fotos om die leegheid wat hy ervaar, …

Lees meer

Geliefde Suid-Afrikaanse aktrise, Christia Visser betree ook nou die musiekbedryf!

Christia Visser is ‘n pret-geliefde en passievolle kunstenaar gebore en groot geword het in ‘n klein dorpie, Swellendam in die Wes –Kaap. Met haar baie sterk persoonlikheid, wil sy niks anders uitleef as om mense te entertain nie, van dans, rolspel, sing en skryf. Christia is nie meer ‘n vreemdeling in die …

Lees meer

Deon Groot vier goeie tye!

Ons lewe in moeilike tye, met soveel probleme en bekommernisse en dis dikwels moeilik om net te laat gaan en die lewe te geniet. Maar Deon Groot se nuwe enkelsnit en musiekvideo, WYN, herinner ons om presies dit te doen!  Die musiekvideo is pas hierdie afgelope naweek op sosiale media …

Lees meer

Nuwe Afrikaanse Duo stel eerste enkelsnit vry!

SKEMER, ‘n nuwe Afrikaanse man- en vrou-duo, het pas hulle heel eerste enkelsnit vrygestel en hulle gaan verseker Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers is in rep en roer hê.  SÊ DIT HARDER, wat beskryf kan word as ’n moderne Country-liedjie met ’n pop-aanslag, is soos ’n vars briesie in die bedryf en gaan …

Lees meer

1 000 000 Unieke kyke vir Early B se Ben Ten video!

Die immer gewilde en bekroonde kletsrymer, Early B, se musiekvideo Ben Ten het pas 1 000 000 organiese en unieke kyke op YouTube behaal , terwyl sy nuutste musiekvideo, Potte, ook alreeds op die 980 000 merk staan. Sy eerste video, Leka Djy, het byna 1 400 000 views. Hierdie musiekvideos is al drie prettig …

Lees meer

Jacobus Silwer stel Strome Lewe Musiekvideo bekend!

Jacobus Silwer en die liefdadigheidsorganisasie, ENGO waarvan hy ’n ambassadeur is, is tans op almal se lippe nadat hy onlangs ’n treffende nuwe enkelsnit uitgereik het wat geïnspireer is deur dié organisasie se doel om hoop en lig in die donker te wees. “Ek is ’n groot voorstaander van die …

Lees meer

Elandre nooi jou na sy #Boomhuis

Toe Elandré oornag in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte geklim het, kon ’n mens nie anders, as om verlief te raak op sy unieke stem, musiekstyl en voorkoms nie. Dit is glad nie meer ‘n geheim dat sy eerste debuut-album “Kleindorp Dromer”  spoedig Goue Status ontvang het nie en steeds op …

Lees meer

#TB na Suzanne

Ek het so bietjie in die argiewe gaan delf en deel graag die onderhoud wat ek met liedjieskrywer, vervaardiger en musiekant, Suzanne gedoen het.

Lees meer