Sondag , Desember 16 2018
Home / Afrikaanse flieks en Teater (page 5)

Afrikaanse flieks en Teater

NFVF se nuutste film verslag is uit!

In 2017 is ‘n totaal van 222 films vrygestel wat oor die  1,2 miljard rand by die loket gemaak het. Van die 222 films was 23 Suid-Afrikaans vervaardigde films wat ongeveer 45 miljoen rand van die totale 1,2 miljard rand by die loket gemaak het. Dus, 4% van die totale …

Lees meer

Plaaslike misdaadriller maak opslae oorsee!

“Hierdie een het uitgestaan as die beste,” berig The Verge oor Suid-Afrika se nuutste grootskermsukses wat onlangs aan die wêreld bekendgestel is tydens die internasionale SXSW-rolprentfees in Texas, Amerika. Gambit Films se NOMMER 37 is die eerste eg Suid-Afrikaanse vollengte speelfilm wat nog ooit die voorreg gehad het om deel …

Lees meer

Jong Sterre by vanjaar se Suidoosterfees!

Suidoosterfees spog vanjaar met ’n reeks produksies wat deur die sterre van die toekoms op die planke gebring word. Die 15de Suidoosterfees – met die tema Fantastiese 15 – vind van 26 April tot 1 Mei in Kaapstad plaas. Ikhaya Lam vertel die storie van ’n Xhosa-seun wat aangeneem word …

Lees meer

Oudisies vir Buddy produksie! The Buddy Holly Story

Lefra Produksies kondig met trots aan dat hulle die mees suksevolle Rock & Roll Musiekblyspel van alle tye in Suid-Afrika gaan aanbied!  BUDDY – THE BUDDY HOLLY STORY.  Hierdie musiekblyspel sal by Emperors Palace se Theatre of Marcellus aangebied word van 14 Mei tot 10 Junie 2018.  BUDDY is deur …

Lees meer

Kreatiewe denkers by Boekgesprekreeks en hope plaaslike talent by die KKNK

Feesgangers by vanjaar se KKNK het ’n geleentheid om na kreatiewe denkers te luister en meer oor hulle prosesse te leer tydens die Boekgespreksreeks in die ATKV-Boeke-oase. Dié propvol program is deur Daniel Hugo, bekende digter en vertaler, en NB Uitgewers se Eben Pienaar saamgestel. Boekgesprekke duur 60 minute en …

Lees meer

Visuele kuns by KKNK 2018 – Krap waar dit jeuk!

Die visuele kunsprogram by vanjaar se KKNK, wat van Donderdag, 29 Maart tot Woensdag, 4 April op Oudtshoorn aangebied word, is saamgestel deur nuwe visuele kunskurator, Lucia Boer. Boer sê alhoewel die spreekwoord lui, “moenie krap waar dit nie jeuk nie”, het kuns presies die teenoorgestelde uitwerking. “Hoe meer jy …

Lees meer

Nommer 37 se lokprent bekendgestel!

Die plaaslike misdaariller, NOMMER 37, deur Gambit Films, se amptelike lokprentis is vandag bekendgestel. “Wanneer ’n fliek se naam NOMMER 37 is en in ’n fiktiewe area van die Kaapse Vlaktes afspeel, is dit maklik om aan te neem dat dit oor bendes gaan – maar dit doen nie. Dit …

Lees meer

Verfilming aan Ivan Botha se regisseursdebuut, Stroomop, skop af!

Vrouedag gaan vanjaar behoorlik gevier word met die vrystelling van bekende akteur, bekroonde draaiboekskrywer, vervaardiger en televisieaanbieder (Fliek Foendies op kykNET), Ivan Botha, se langverwagte rolprentregisseursdebuut, STROOMOP, wat tans in die verfilmingsfase is. Botha is veral bekend vir sy rolle in die Bakgat-fliekreeks, asook twee van Suid-Afrika se grootste lokettreffers, …

Lees meer

Top-produksies by vanjaar se Suidoosterfees!

Daar is by vanjaar se Suidoosterfees teatervermaak vir ieder en elk se smaak. Die 15de Suidoosterfees – met die tema Fantastiese 15 –  vind van 26 April tot 1 Mei by Artscape plaas. Evita Bezuidenhout is vanjaar te sien in die produksie, Tannie Evita Praat Kaktus. Dit is die naam …

Lees meer

Wonderlus film binnekort in die VSA te sien!

Die kykNET-film Wonderlus is deur die Phoenix-filmfees gekies om volgende jaar mee te ding in hul World Cinema-kategorie. Die fees vind plaas vanaf 5 – 15 April 2018 in Arizona, VSA. Wonderlus speel af by ’n troue wat lelik ontspoor. Dit draai om ’n groep vriende wat die volgende oggend …

Lees meer