Friday , February 26 2021

Afrikaanse flieks en Teater

Modder en Bloed fliek binnekort te sien!

Dark Matter Studios (Leading Lady) en Collective Dream Films (Platteland) het pas die verfilming van die fliek MODDER EN BLOED voltooi. Die vervaardigers maak bekend dat die film vanaf April 2016 landswyd in teaters vertoon sal word. Besonderhede rondom die vervaardiging en rolverdeling was vir ‘n geruime tyd in ‘n …

Lees meer

Bouwer doen dit alweer!!

Bouwer Bosch is soos ‘n sneeubal wat net nie gestop kan word nie. Van klein begin tot die reuse sukses wat hy tans in die musiekbedryf behaal, lyk dit of daar geen einde aan sy talente is nie. As gewilde akteur, top musikant en sanger asook TV aanbieder is daar …

Lees meer

Siener in die Suburbs by Aardklop

“Ek wil van geweet wees, Ma, ek wil nie vrek soos ‘n hond nie, ek wil van geweet wees” – die wanhopige kreet van Tiemie, die pragtige jong vrou van du Plessis se Hertzogprys-bekroonde drama. Vele snobistiese teatergangers het die stuk in die jare sewentig afgemaak met: “Daar bestaan nie …

Lees meer

Splinternuwe radiovervolgverhaal vol intrige eersdaags op jou radiostasie te hore

Vanaf Maandag, 7 September kan luisteraars van 17 gemeenskapsradiostasies landswyd weer hul ore spits vir ʼn splinternuwe radiovervolgverhaal, Groblerspruit, wat in opdrag van Maroela Media deur Bettie Kemp vervaardig word. Groblerspruit, geskryf deur Evert Snyman, is die verhaal van ʼn eens trotse familieplaas in die Laeveld met ʼn roemryke verlede. …

Lees meer

Nuwe fliek van bekroonde filmmaker – UITVLUCHT

Die bekroonde filmmaker, Regardt van den Bergh, bekend vir films soos Faith like Potatoes, Klein Karoo en vele ander gaan weer tot gehore se harte spreek met die uitreiking van ‘n splinternuwe fliek uit sy pen, getiteld UITVLUCHT, wat op 27 Augustus 2015 by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai première. …

Lees meer

Hollywood in my huis DVD

Hollywood in my Huis het gedurende 2014 drie toekennings by die kykNET Silwerskermfees ingepalm en op 26 Junie 2015 in fliekteaters  landwyd ge-open.  Die fliek is uit alle oorde deur resensente geloof en onder andere beskryf as een van die beste Afrikaanse romantiese komedies in ‘n lang tyd, wat die meeste …

Lees meer

Anton Goosen skryf tema lied vir nuwe fliek!

‘n Pawpaw Vir My Darling, Jeanne Goosen se roman, wat deur die rolprentmaker Koos Roets in ‘n fliek omskep is, sal vir die eerste keer op 26 Augustus by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai te sien wees. Die fliek is ‘n greep uit die lewe van die Beeslaer-famile van Frik …

Lees meer

Die Pro – ‘n Nuwe fliek deur Andre Velts

Leon de Villiers het in sy wildste drome nie kon dink dat die boek waarmee hy in 1997 die Sanlam Boekeprys vir jeug literatuur gewen het eendag in ‘n film omskep sou word nie. Dit was reeds ‘n groot verrassing toe sy boek gekies word as voorgeskrewe leeswerk in skole …

Lees meer

Kom ontmoet My Boetie se Boetie se Boetie se baba by innibos!

Lefra Produksies het alreeds bekendheid verwerf vir die lekkerlagklugte wat hulle aanbied. Vanjaar se splinternuwe klug is My Boetie se Boetie se Boetie se Baba deur Ray Cooney en sy seun, en Michael. Dit is een van Londen se West End se mees suksesvolle klugte. Charles Spencer van The Telegraph …

Lees meer