Donderdag , November 21 2019
Home / Afrikaanse flieks en Teater (page 11)

Afrikaanse flieks en Teater

Vuil Wasgoed lokprent hier!

VUIL WASGOEDse lokprent is amptelik bekend gestel en is nou aanlyn te sien! Die film, wat onlangs by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai weggestap het met vyf toekennings, word op 8 Desember 2017 landswyd in teaters vrygestel. In ’n eenvoudige wassery in ’n ondergemiddelde woonbuurt, is Wim en Kevin besig …

Lees meer

Hemelbesem aangestel as OnseTV se nuwe kanaalhoof!

nseTV, kanaal 462 op die StarSat dekodeerder wie se eerste uitsending op 29 September 2017 afgeskop het verheug om aan te kondig dat Simon Witbooi, of beter bekend as Hemelbesem, pas aangestel is as kanaalhoof vir hierdie kanaal. Juis omdat Simon ‘n uitstekende verteenwoordiger is van Afrikaanse kuns en kultuur, …

Lees meer

KKNK verskuif feesterrein in 2018

Die KKNK verskuif sy gewilde feesterrein in 2018 na die meer sentraal geleë Oudtshoorn en Vredestraat Sportterreine. Dié aankondiging is deur Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, die maatskappy wat die KKNK aanbied, gedoen. Volgens Snyman het terugvoer van borge, feesgangers en inwoners aanleiding tot dié skuif gegee. “Borge …

Lees meer

Suidoosterfees op soek na talent in Bellville!

Die 15de Suidoosterfees (SOF) vind aanstaande jaar vanaf 26 April tot 1 Mei by die Artscape Teatersentrum in Kaapstad plaas. Hierdie fees met die tema Fantastiese 15 / Fabulous 15 / Uchunge chunge 15, het ʼn aantal projekte wat die Kaapse Vlakte, Boland, Swartland en Karoo deur die jaar besoek …

Lees meer

ONSEtv vir onse mense!

StarSat, Suid-Afrika se toonaangewende satellietdiensverskaffer, is teenwoordig deur StarTimes in vele Afrika-lande, en bedryf self hulle besigheid in 17 daarvan, insluitend Suid-Afrika. Die groep se Afrika-kykerstal is digby 8 000 000. In Suid-Afrika het die groep vanaf 2010 meer as 600 000 dekodeerders reeds plaaslik verkoop. OneTV is ‘n nuwe televisiekanaal …

Lees meer

Die reuk van appels het teatergangers behoorlik aan die gons

Sedert sy eerste kennismaking in 1993 met oorlede Mark Behr se debuutroman, Die reuk van appels, het Johan van der Merwe dié besondere werk se potensiaal vir die teater onmiddellik raakgesien. Van der Merwe het in 2015 saam met Rudi Sadler die teatermaatskappy Theatrerocket gestig en Die reuk van appels …

Lees meer

Vuilwasgoed! Dalk fliek van die jaar…?

VUIL WASGOED, die vollengte film wat onlangs by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai weggestap het met vyf toekennings, word op 8 Desember 2017 landswyd in teaters vrygstel. Wim en Kevin droom al vir jare van hulle eie koffiewinkel, maar terwyl hulle wag om dié droom te bewaarheid, werk hulle tydelik …

Lees meer

Windhoek Oktoberfest 20 – 22 Oktober!

Namibië Brouery bied vanjaar die tradisionele Windhoek Oktoberfest by Hillcrest Quarry in Durbanville oor `n hele naweek aan vanaf Vrydag tot Sondag. Verwag spesiaal gebroude Festbier, eg Duitse speletjies en kos. Daar is ook optredes deur die Duitse groep Kirchdorfer, wat direk van die Munich Oktoberfest vlieg om ook hier …

Lees meer

VASELINETJIE – Stampvol teaters, reeds oor R1 miljoen by loket!

‘Vaselinetjie’, die film gebaseer op Anoeschka von Meck se bekroonde jeugroman, is op Vrydag 22 September in teaters landswyd vrygestel en het reeds meer as R1 mijoen by die loket verdien en is deur meer as 23 000 mense gesien. Boonop aangewys as die ‘Beste Film‘ by die kykNET Silwerskermfees …

Lees meer

Vaselinetjie – Het jy al dié fliek gaan kyk?

Die bekroonde jeugroman, ‘VASELINETJIE’, deur Anoeschka von Meck, se filmweergawe is Vrydag in teaters landswyd vrygestel. Die film, vervaardig deur The Film Factory en Red Letter Day Pictures, is ook onlangs by die kykNET Silwerskermfees as ‘Beste Film’ bekroon. ‘Vaselinetjie’ vertel die verhaal van Helena ‘Vaselinetjie’ Bosman, ’n wit dogtertjie …

Lees meer