Dinsdag , September 25 2018
Home / Afrikaanse flieks en Teater

Afrikaanse flieks en Teater

Ongelooflike ondersteuning vir die bekroonde Ellen Pakkies-film!

ELLEN, DIE ELLEN PAKKIES STORIE is op Vrydag, 7 September 2018, amptelik vrygestel in plaaslike bioskope en het ongelooflike ondersteuning en terugvoer vanaf die Suid-Afrikaanse publiek en media ontvang! Die skeppers van hierdie aangerypende rolprent is ongelooflik dankbaar vir die suksesvolle openingsnaweek van hierdie langverwagte speelfilm. Die bekroonde prent het …

Lees meer

Opwindende tyd vir NOMMER 37!

Die Ghoema-benoemde kletsrymer, LINKRIS THE GENIUS, het pas die musiekvideo van sy treffer, NOMMER 37, vrygestel wat ook die amptelike temalied is van die lokettreffer, NOMMER 37.  Hierdie aangrypende kletsrym-verwerking skakel perfek in by die gevoel van hierdie misdaadriller en wat dus die perfekte keuse toe die klankbaan saamgestel is. …

Lees meer

Spoorloos is kykNET se nuwe drama in Oktober

kykNET-kykers weet teen hierdie tyd dat die drama-gleuf op ’n Dinsdagaand nooit teleurstel nie en met die nuwe reeks, Spoorloos, wat op 9 Oktober begin, gaan dit ook nie anders wees nie. Die storie speel af in die dorpie Digtersdal in die Oos-Kaap. Dis ’n spookdorp op soek na genesing …

Lees meer

Tiaan Onthou: Om weer soos Ouma te kook

Op 1 Oktober begin Tiaan Onthou waarin Tiaan Langenegger die land deurkruis op soek na oumas se geheime in die kombuis. Sy grootste vrees, sê hy, is dat ons gaan vergeet hoe om werklik te kook. “Dis deesdae net te maklik om klaargemaakte kos te koop of self disse te …

Lees meer

Hotel 3: Kyk wie is terug!

Hulle gaan dalk nie in die geskiedenis afgaan as die beste personeelgroep nie. Dalk ook nie as die flukste of hulpvaardigste nie. Maar dié kleindorpie-personeel van Fransenburg het om ander redes in ons harte ingekruip. Julle het reg gehoor – Ferdie en kie maak vir ’n derde keer ’n draai in ons sitkamers. En …

Lees meer

Nuwe reeks! Bolhuis: Onder die vergrootglas

Spesialis-ondersoeker Mike Bolhuis – die man wat wetsoortreders se broeke laat bewe – is vanaf Oktober op kykNET in die misdaadsreeks, Bolhuis, te sien. Mike, wat beskou word as een van Suid-Afrika se top ondersoekers, was al betrokke by van die land se grootste moord- en bedrogsake. In dié reeks …

Lees meer

Suid-Afrika swem saam STROOMOP!

Stroomop is amptelik op Vrouedag, 9 Augustus vrygestel in fliekteaters landswyd. Met reuse afwagting vir dié avontuur op die grootskerm loop die filmmakers se harte oor van dankbaarheid na openingsnaweek. Fliekgangers wat dit gedurende hierdie eerste naweek van vrystelling gaan kyk het se terugvoer stroom in en die vloedgolf van …

Lees meer

Fliek oor Ellen Pakkies se lewe sal kykNET Silwerskermfees open!

Die fliek oor Ellen Pakkies se lewe, ELLEN, DIE ELLEN PAKKIES STORIE, het reeds oorsee opslae gemaak en dit is pas aangekondig dat hierdie rolprent, wat delf in die innerlike psige van ‘n familie wat deur dwelms vernietig word in een van die gevaarlikste plaaslike gemeenskappe, die openingsfilm by die …

Lees meer

Lusmakerlokprent vir nuwe Schuster-fliek pas bekendgestel!

Die eerste voorsmakie van die geliefde grapjas, Leon Schuster, se nuutste familiekomedie, FRANK & FEARLESS, is pas op sosialemedia vrygestel en dit is baie duidelik iets waarna kykers uitsien, want die lusmakerlokprent versprei reeds soos ’n veldbrand! In ware Schuster-tradisie, vertel FRANK & FEARLESS die komiese verhaal van vier oulike …

Lees meer

STROOMOP inspirasie aanbieding deur Atterbury Teater!

Vrouedag vanjaar gaan behoorlik gevier word! ’n Dubbel-bederf wag op die vroue van Pretoria met die vrystelling van die langverwagte avontuurfilm, STROOMOP en ook die aanvang van die amptelike Stroomop Inspirasie-aanbieding in samewerking met Atterbury Teater op 9 Augustus 2018 by Atterbury Teater, Pretoria. “Om die impak van hierdie film …

Lees meer