Maandag , April 22 2019
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Cape Town Music Academy (CTMA) bied vanjaar 4 opwindende produksies by die US Woordfees aan.

Cape Town Music Academy (CTMA) bied vanjaar 4 opwindende produksies by die US Woordfees aan.

Die Cape Town Music Academy (CTMA) bied vanjaar 4 opwindende produksies by die US Woordfees tussen 2 en 9 Maart aan: Musiek-en Liriek 40 Jaar Later met Anton Goosen, Valiant Swart, Zolani Mahola en vele meer beloof om een van die hoogtepunte op vanjaar se musiekproduksie-program te wees. Kwathi ke Kaloku bied vir die eerste keer kinderstories in Xhosa by die Woordfees aan. Babalwe Mentjies en The Little Giants in Jazz in Kayamandi sal jazz liefhebbers betower en vir die wat hou van laatnag jazz, is Jazz in the Quad met onder andere Steve Newman, Schalk Joubert en Ramon Alexander, dié kuierplek om te besoek. 

CTMA is ‘n nie-vir-profyt maatskappy (NPC) wat daarna streef om geleenthede te ontwikkel vir plaaslike gevestigde en opkomende kontemporêre musikante en kunstenaars in die Wes-Kaap. Die doelwit van die CTMA is om programme en projekte te skep wat die werk van plaaslike musikante en die ontwikkelling van werksgeleenthede in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie bewerkstellig. Vicky Davis, CTMA se programbestuurder sê: “Die US Woordfees is een van SA se mees gewilde feeste aangesien dit `n fantastiese platform vir musiek- en teater-produksies bied. Ons is baie trots om deel te wees van die fees. Die CTMA-produksies by vanjaar se Woordfees skep geleenthede vir ongeveer 70 kunstenaars, akteurs en tegniese personeel.”

Meer oor die produksies:

MUSIEK-EN-LIRIEK: 40 JAAR LATER

Met: Anton Goosen, Jannie du Toit, Zolani Mahola, Valiant Swart, Sima Mashazi, Herman Kleinhans, Laurinda Hofmeyr, Churchill Naude. Musiek regie: Schalk Joubert. 

Musikante: Schalk Joubert, Mauritz Lotz, Kevin Gibson and Melissa van der Spuy.

As daar een jaar was wat as ’n water-skeiding vir musiek in Afrikaans beskou kan word, is dit 1979, toe die Musiek-en-liriek-beweging ontstaan het. Anton Goosen het die eerste kunstenaar geword wat ’n album in Afrikaans vrygestel het waarvan hy al die musiek en lirieke self geskryf het. Dit was deels ’n teenreaksie teen die vertalings van oorsese spookasemtreffers. Die Musiek-en-liriek-beweging aan die einde van die 70’s en die begin van die 80’s het die weg gebaan vir die bevryding van Afrikaans. Kunstenaars soos Anton Goosen, Laurika Rauch, Mynie Grové, Jannie du Toit, Koos du Plessis, Coenie de Villiers en Clarabelle van Niekerk was toonaangewend. 

Veertig jaar later, deel Anton en Jannie saam met opwindende jong talent die verhoog en bring hulde aan hierdie belangrike tyd in die geskiedenis van musiek in Afrikaans en aan immergroen treffers soos “Kruidjie-roer-my-nie”, “Kinders van die wind”, “Toemaar die donkerman” en “Liedjie vir jou”.

JAZZ IN KAYAMANDI: BABALWA MENTJIES en THE LITTLE GIANTS

Babalawo Mentjies is een van Sued-Afrika se mees opwindende Jazz sangers. Sy tree seam met The Little Giants, `n groep talentvolle jong musikante vanuit die Kaapse Vlakte op.   Hulle word begelei deur die pianis George Werner.

JAZZ IN THE QUAD 

Met Steve Newman Trio, Schalk Joubert and band featuring Sima Mashazi, Ramon Alexander, Kalahari Connection, Kyle Shepherd. 

2019 sal die tweede jaar wees wat die CTMA en Woodfees ‘n laataand kontemporêre musiek en kuierplek aanbied in die Visuelel Kunste Vierkant. Die reeks konserte is n uitvloeisel van die gewilde Jazz in the Native Yards initiatief begin deur Koko Nkalashe en Luvuyo Kakaza en ondersteun deur Concerts SA, waar gehore in Kaapstad se townships die geleentheid kry om Sondaemiddae Jazz-uitvoerings letterlik in hul agterplaas te hoor. Die motivering agter die suksesvolle konserte is om gehore wat andersins nie die kans sou kry om top jazz musikante te sien en te geniet nie, die geleentheid te gee. 

“Kaapstad was nogal tyd aan die brand met jazz musiek”, voeg Koko Nkalashe van JINY by, “Jazz in the Native Yards neem nou die klanke deur middel van die Woordfees as voertuig na n nuwe jazz roete, en na nuwe gehore in Stellenbosch. Ons sien baie uit na vanjaar se ‘Jazz in the Quad’ en ‘Jazz in Kayamandi.”

KWATHI KE KALOKU (KINDERSTORIES IN XHOSA)

Kwathi ke Kaloku (Once Upon a Time), word aangebied deur Sindiwe Magona, `n bekroonde storieverteller wat hier kragte saamspan met die befaamde plaaslike musiekant Bongani Sotshononda en sy United Nations of Africa musiekgroep. Dis meesleurende, lewendige, interaktiewe vermaak met `n boodskap van hoop vir oud en jonk. Dis ook `n viering van Xhosa-kinderstories en inheemse musiek. 

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Koningin Lear maak skoonskip by Kanna-toekennings

KKNK25 se debuutproduksie Koningin Lear het vanaand (15 April) by ’n spoggeleentheid in Kaapstad agt van die Kanna-pryse …

Griekwastad-moorde binnekort ‘n fliek!

In April 2012 word Suid-Afrika en die wêreld tot stilstand geruk met die skokkende nuus …