Saterdag , September 22 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Bykans 2 000 inskrywings vir nuwe TV-reeks Die Kontrak!

Bykans 2 000 inskrywings vir nuwe TV-reeks Die Kontrak!

Inskrywings vir VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se nuwe TV-reeks Die Kontrak – wat die volgende groot Afrikaanse kunstenaar sal kroon – het 30 Junie om middernag gesluit met 1 976 oudisie- video’s altesaam op Facebook, Instagram, Twitter, en die NetNuus-app.

VIA-kykers sal moet wag tot die eerste episode van Die Kontrak, wat eers in September op die Afrikaanse leefstylkanaal begin, om uit te vind wie die top8-finaliste is. Die top24-finaliste is egter vanaf dié week alreeds deur Coleske Artists genader. Die mentors – Elvis Blue, Tarryn Lamb, Monique Steyn, en Dewald Wasserfall – moet dan uit dié 24 sangers elkeen twee finaliste kies wat dit vir ’n platekontrak van ’n miljoen rand met Coleske Artists moet uitspook.

“VIA en Coleske Artists is omtrent stomgeslaan met die hoeveelheid inskrywings vir Die Kontrak. Ons is nog meer beïndruk deur die gehalte van die sangtalent daarbuite,” sê VIA-kanaalhoof, Izelle Venter. “Dit gaan beslis vir ons vier mentors ongelooflik moeilik wees om net agt finaliste te kies. Hier kom heerlike kykgenot!”

“Ons is absoluut oorweldig deur die diversiteit van die talent,” voeg Arnold Coleske van Coleske Artists by. “Dit was baie moeilik om by ’n top24 uit te kom, maar ons voel ons het afgekom op ’n groep deelnemers wat uniek en uitsonderlik talentvol is. Ons sien met opwinding uit na ’n strawwe kompetisie!”

Die Kontrak sal deur die broer-en-suster-duo Bobby en Karlien van Jaarsveld aangebied word. Die agt finaliste sal week na week ook uitgekyk word deur ’n kennerpaneel wat uit die sangers Theuns Jordaan en Corlea Botha asook Barry Pretorius, die regisseur van die Afrikaans is Groot-megakonserte. Die wenner van Die Kontrak word op 23 November 2018 by die jaar se eerste Afrikaans is Groot-konsert aangekondig. Die wenner sal ’n platekontrak met Coleske Artists en ’n pasklaarloopbaan losslaan.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

DIE GELOFTE vir die eerste keer in Afrikaans!

Johan Vorster en Christoph Kotzé het kragte saamgesnoer en DIE GELOFTE vir die eerste keer …

Adam Tas se nuwe album is hier!

Adam Tas se growwe rasperstem en emosiebelaaide lirieke, het van dag een af diep kom …