Maandag , Februarie 18 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Burgerd Botha stel nuwe musiekvideo bekend!

Burgerd Botha stel nuwe musiekvideo bekend!

Burgerd Botha het pas sy debuut solo-album, HARTLAGSIEL, vrygestel en dit slaan reeds aanhangers se asems weg!

Die Sterre, die nuutste enkelsnitvrystelling wat onlangs uitgereik is, is deur Stephantasties geskryf en vervaardig en het ’n treffende akoesties elektroniese aanslag. “Dit gaan oor daardie fase in ’n verhouding waar jy besef dat jy besig is om verlief te raak en dit so lekker is dat jy voel dat die heelal maar kan stilstaan. Jy sukkel om die regte woorde te sê as jy in haar oë staar en al wat jy kan uitkry is: ‘Ek’s lief vir jou!’,” sê die Burgerd.

Die musiekvideo vir hierdie pragtige liedjie word nou uitgereik en gaan gepaard met asemrowende visuele elemente en beligting.  Die video is vervaardig deur Christiaan Wolf by Brickwolf Creative Studios en dit het hulle nege ure geneem om die video te skiet.  Burgerd en Christiaan het die konsep vir die video saam ontwikkel.  Om die effekte in die video te skep is daar twee “imaging projectors” gebruik om beelde op die kunstenaar en die model (Zia Mowatt), asook op die agtergrond te projekteer.

Kyk die video hier:

Die Sterre is ook beskikbaar op Burgerd se debuut solo-album, HARTLAGSIEL.

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook

Twitter: @burgerdbotha

Instagram: @burgerdbotha

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Kerry Lee praat uit oor haar beter helfte met nuwe enkelsnit!

Na die suksesse van haar vorige album wat treffers soos ‘Shut up en soen my’ …

Burgerd Botha stel nuwe enkelsnit bekend!

Burgerd Botha het pas sy volgende enkelsnit, Vat My Huistoe vrygestel en beloof om luisteraars …