Vrydag , April 26 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Burgerd Botha stel nuwe enkelsnit bekend!

Burgerd Botha stel nuwe enkelsnit bekend!

Burgerd Botha het pas sy volgende enkelsnit, Vat My Huistoe vrygestel en beloof om luisteraars te bekoor met betekenisvolle lirieke en elektroniese klanke. 

Die lied is geskryf deur Burgerd Botha en Josua Oosthuizen.

“As ons moeg en moedeloos raak vir die gejaag van ons moderne lewens, maak ons soms die mense wat ons die liefste het, die seerste. Dit word nie met opset gedoen nie, maar is bloot ‘n newe effek van die druk waaronder ons verkeer. Vat My Huistoe vertel die storie van iemand wat besef dat hierdie omstandighede sy geliefde in die spervuur geplaas het. Hy vra omverskoning vir die hartseer en beloof daadwerklike versoening om hulle verhouding weer te laat blom,” verduidelik Burgerd. 

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @burgerdbotha

Instagram: @burgerdbotha 

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

André Schwartz stel splinternuwe enkelsnit vry!

’n Superster word beskryf as ’n persoon of vermaaklikheidspersoonlikheid wat gevier word vir sy uitsonderlike …

‘n Móét vir vandag – Kaleidoskoop se nuwe video – Fakkels!

Die musiekvideo van die Huisgenoot Tempo- en Ghoema-bekroonde duo, Kaleidoskoop, se nuutste enkelsnit, FAKKELS, is …