Dinsdag , Mei 21 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Burgerd Botha se nuutste enkelsnit en musiekvideo stel nie teleur nie!

Burgerd Botha se nuutste enkelsnit en musiekvideo stel nie teleur nie!

Burgerd Botha se debuut solo-album, HARTLAGSIEL, is ’n pragtige kombinasie van ligte akoestiese popmusiek, hartroerende ballades en interessante elektroniese klanke en is in April vanjaar uitgereik.  Enkelsnitte soos As jy nog twyfel, Hartlagsiel en Die Sterre het gesorg dat Burgerd se stem oor die afgelope paar maande gereeld oor die radio gehoor kon word en het ook op radiostasies se trefferparades landswyd stelling ingeneem.

Sy musiek nooi jou uit om saam te sing en diep te dink oor die lewe en die liefde en sy nuutste enkelsnit, DEUR VUUR GETEMPER, stel nie teleur nie.

Elke mens gaan op een of ander tyd in hulle lewe deur ‘n traumatiese tyd.  Dit is onvermydelik.  Wat wel belangrik is, is om na die omstandighede te kyk as slegs ‘n fase wat jou suiwer en dat dit jou gaan vorm om sterker te word.  Dit is die simboliek agter die liedjie en vandaar ook die titel, DEUR VUUR GETEMPER”, sê Burgerd.

Hierdie nuwe enkelsnit en die musiekvideo vir hierdie enkelsnit is beide gister bekendgestel.

Die musiekvideo is deur Christiaan Wolf van Brickwolf vervaardig en op ‘n afgeleë area in Gauteng geskiet.

“Aan die begin van die video wys dit hoe dit dalk mag lyk asof ek alles verloor het. Deur die loop van die video wys ek hoe ek opstaan en myself nie laat definieer deur die ervarings wat ek gehad het nie. Ek skud die stof van my af en beweeg aan om my doel op aarde te bereik soos my Hemelse Vader dit vir my beplan het”, sluit Burgerd af.

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook

Twitter: @burgerdbotha

Instagram: @burgerdbotha

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Opkomende musikante kan by kundiges leer tydens nuwe musiekwerkswinkel!

Daar is baie talentvolle musikante, beide ervare en onervare, wat sukkel om musiekdrome te verwesenlik …

Dewald Wasserfall se nuwe album is hier! En dis elektries!!

Aanhangers van Dewald Wasserfall sal verheug wees om te hoor dat die gewilde sanger se …