Friday , February 26 2021

Burgerd Botha se eerste enkelsnit!

Vandag (11 Januarie 2016) word die bekende en gewilde sanger Burgerd Botha se eerste solo-enkelsnit HARTLAGSIEL landswyd aan radiostasies uitgereik.

Burgerd, wat vir sewe jaar deel was van die veelbekroonde sanggroep Romanz, wie se CD’s verskeie kere platinumstatus verwerf het, werk al geruime tyd aan sy eerste solo-album.

“Sang was nog altyd my groot liefde en ‘n integrale deel van my lewe,” sê Burgerd wat gereeld by plaaslike musiekkonserte en feeste optree, en ook al die internasionale arena betree het.  Burgerd Botha-Hartlagsiel-SC

Hy het onder meer saam met die Suid-Afrikaanse Olimpiese span na Londen gereis en vir hulle by South African House gesing; en in 2011 het hy by Prins Albert en Prinses Charlene van Monaco se huweliksbevestiging gesing waar internasionale bekendes soos Umberto Tozzi en Andrea Bocelli ook opgetree het.

Burgerd is ook ‘n bekende by plaaslike konserte soos Huisgenoot Skouspel, Skouspel Plus, Gospel Skouspel en feeste regoor die land. “Ek is dankbaar en bevoorreg om aktief ‘n sangloopbaan te kan volg en ontvang steeds weeklikse lesse by Mauri Mostert, my mentor en vokale afrigter,” sê Burgerd.

Dié talentvolle jong man is op 27 November 1986 in Klerksdorp gebore. As die seun van musikale ouers, neem hy van kleins af deel aan kunswedstryde en konserte en is hy in graad 9 ‘n lid van die Jakaranda Kinderkoor wat deelneem aan die Toskaanse Koorfees in Italië. In graad 10, is hy lid van die Universiteit van Pretoria se Jeugkoor; en in sy graad 11 jaar bereik hy ‘n hoogtepunt in sy kultuurloopbaan met die vertolking van die hoofrol in die geslaagde musiektoneelstuk, The King and I, wat deur Hoërskool Brits aangebied word.

Hy is ‘n hoofleier tydens sy finale jaar op skool in 2005 en studeer daarna vir drie jaar aan die Suid-Afrikaanse Musiek Instituut, met kitaar as hoofinstrument en klavier as tweede instrument. Kort hierna betree hy die professionele musiekwêreld as lid van die gewilde sangkwartet Romanz.

Behalwe vir sy liefde vir musiek en sang, is Burgerd ‘n avonturier wat veral hou van perdry, skiet en die buitelewe, en vir wie gesinstyd ontsettend belangrik is. “Ek maak dikwels tyd vir my ouers en wyd-uitgebreide familie en hou daarvan om musiek te maak om die kampvuur of sommer net vir die lekker. Gesinsvakansies lê my baie na aan die hart,” sê Burgerd.

Maar die sang-avontuur wat nou vir hom voorlê, is vir Burgerd ‘n baie opwindende nuwe hoofstuk in sy lewe. “Ek kan nie wag om die musiekwêreld as solis te betree nie,” sê hy.

Hou hierdie spasie dop vir meer nuus oor fantastiese musiek deur Burgerd.   Hiermee ‘n skakel na die liriek video van HARTLAGSIEL:

Krediete:

Titel:        Hartlagsiel

Skrywer: Burgerd Adriaan Botha

Musikale Vervaardiger: Stephan van Hiuyssteen

Finale meng en meester: BTA Institute

Uitgewer: HutBo Publishing

Sosiale media:

Facebook

Twitter:    @burgerdbotha

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Brendan Peyper – Dis alles jy nuwe enkelsnit!

Met meer pret en lighartige liedjies soos “Lekkerder op my Trekker” en “Vasdanslyf ” op …

10 miljoen trefslae vir Boerepompie!

Op 7 April 2020 word die treffer Hardekole (Ricus Nel ft. Refentse, Adam Tas & …