Woensdag , Augustus 15 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Brendan Peyper bereik Goue Status vir sy album – Hy loop oop!

Brendan Peyper bereik Goue Status vir sy album – Hy loop oop!

Om die GOUE status vir sy album, “Hy Loop oop” te vier, verras Brendan Peyper met ‘n eksklusiewe weergawe van dié uiters gewilde album wat radiogolwe en verhoë oral aan die brand het!

Tussen sy deelname aan die agtste uitgawe van Tropika Island of Treasure in die idilliese Maldives, die Cosmopolitan SA Sexiest Men 2018 kompetisie, waar hy onder die Top 12 was, en sy verkiesing tot die hoofrol in die Buddy Holly Broadway produksie wat in Mei by Emperors Palace begin, het Brendan gewoeker met ‘n album wat nie alleen al die skop van die aanvanklike album lewer nie, maar ook ‘n paar lekker bonusse insluit!

Hierdie dubbel CD-album beslaan ‘n allemintige 17 snitte, met al die liedjies van die oorspronklike album soos die ranglys-klimmer titelsnit, “Hy loop oop”, ander danstreffers soos “Vanaand sê ek net ja”, en “Net ‘n bietjie”, tot twosteps soos “Ek gee jou my woord”, regdeur tot by rustiger snitte soos “Twee is beter as een”, “Jou mond is in die pad”, “Sal jy my vergewe” en ‘n pragduet, “In silhouette saam met my”, saam met Franja du Plessis.

Verder bevat dit twee blinknuwe snitte: “Klim jou Everest”, ‘n vermenging tussen ‘n polsende dansritme, akoestiese klanke en ‘n tikkie elektro-simfonie wat jou tot ‘n gelyke mate dansvloer toe sal sleep as wat dit jou sal aanspoor om enige droom of doel met beide hande aan te pak; en “We got forever” – ‘n aansteeklike, energiebelaaide klub-treffer wat jonkwees en liefde in die oortreffende trap vier!

Die tweede CD is ‘n visuele en ouditiewe bederf en bevat die musiekvideos van “Twee is beter as een”, “Vanaand sê ek net ja” en “Hy loop oop”, sowel as ‘n hele rits vuurwarm Brendan-wallpapers vir slimfone, tablette en rekenaars.

Die “Hy loop oop eksklusiewe uitgawe” is ‘n pretbelaaide fees van topklas vermaak deur een van Suid-Afrika se mees in aanvraag jong talente – een wat jy beslis nie kan bekostig om mis te koop nie!

Die album is nou landswyd beskikbaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Martin Bester wil net wees wie hy is, sonder toestemming!

Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras …

Leon Gropp stel nuwe musiekivdeo op unieke wyse bekend!

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, BAKENLIG, is reeds ‘n paar weke gelede met groot sukses …