Pieter Cloete

Honours student (Wits)

Blogger

Music data

Charts

Radio

Afrikaans music

Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete

Honours student (Wits)

Blogger

Music data

Charts

Radio

Afrikaans music

Blog Post

Bombshell benoem vir verskeie rolprenttoekennings!

December 10, 2019 Movies
Bombshell benoem vir verskeie rolprenttoekennings!

BOMBSHELL, wat gaan oor die Fox News-skandaal, is tans net so opspraakwekkend soos die gebeure waarop dit gebaseer is.

Dié rolprent, deur die bekroonde regisseur Jay Roach en die draaiboekskrywer Charles Randolph, is pas benoem vir ’n hele rits toekennings en het die rolprentwêreld behoorlik aan die gons!

Suid-Afrika se eie Charlize Theron, wat skitter in die rol van Megyn Kelly, is pas benoem vir ’n Golden Globe-toekenning vir Beste Aktrise in ’n Speelfilm (Drama), terwyl Margot Robbie benoem is as Beste Ondersteunende Aktrise in ’n Speelfilm. Die wenners sal in Los Angeles, tydens die sewe-en-sewenstigste jaarlikse Golden Globes-toekenningsgeleentheid, aangekondig word op 5 Januarie 2020.

Beide aktrises is ook in dieselfde kategorieë benoem deur die St. Louis Film Critics Association, asook die Critics’ Choice-paneel en die North Texas Film Critics Association. Critics’ Choice-nominasies is ook ontvang vir Beste Hare en Grimering en Beste Groep Akteurs. Die vyf-en-twintigste Critics’ Choice-toekenningseremonie sal op 12 Januarie 2020 plaasvind by die Barker Hangar in Santa Monica. Nicole Kidman is ook genomineer as Beste Ondersteunende Aktrise deur die North Texas Film Critics Association.

Die rolprent is van die begin af baie goed deur kritici ontvang en is reeds voorheen benoem vir verskeie ander toekennings, waaronder Beste Kontemporêre Grimering in ’n Vollengte Speelfilm, Beste Spesiale-effekte Grimering in ’n Vollengte Speelfilm en Beste Kontemporêre Haarstilering in ’n Vollengte Speelfilm deur die sewende jaarlikse Make-Up Artists & Hair Stylists Guild (MUAHS), waarvan die toekenningsgeleentheid op 11 Januarie 2020 plaasvind.

Dit is ook genomineer vir ’n Humanitas-prys in die Beste Vollengte Dramarolprent-afdeling, waarvan die wenner tydens die vyf-en-veertigste Humanitas-seremonie – op 24 Januarie 2020 by The Beverly Hilton – aangekondig sal word.

Verder is Charlize Theron ook benoem in die Beste Aktrise-afdeling en Kazu Hiro, Anne Morgan en Vivian Baker in die Beste Hare- en Grimering-afdeling van die Hollywood Critics Association (LAOFCS). Die derde jaarlikse LAOFCS-toekenningsseremonie vind op 9 Januarie 2020 plaas by die Taglyan-kompleks in Los Angeles.

BOMBSHELL is gebaseer op die ware gebeure wat gelei het tot die Fox News-skandaal, waartydens verskeie vroue die voormalige uitvoerende hoof van Fox NewsRoger Ailes (gespeel deur John Lithgow) – beskuldig het van seksuele teistering en sodoende dit reggekry het om een van die grootste en mees invloedryke mediareuse op sy knieë te dwing.

Dit is aangrypend en aktueel en kritici prys die film nie net vir die hantering van ’n moeilike onderwerp en ingewikkelde verhaal nie, maar ook vir die draaiboek en uitmuntende regie.

Die fliek word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal by plaaslike bioskope begin draai op 24 Januarie 2020.

INTERNASIONALE SKAKELS
Facebook: @BombshellMovie
Twitter: @bombshellmovie
Instagram: @bombshellmovie