Monday , November 29 2021

My boetie se sussie se ou in die Atterburyteater!

As jy dink jou lewe is ingewikkeld, plaas jouself vir ‘n oomblik in John Smith se skoene, daardie taxi-bestuurder van My Vrou se Man se Vrou met twee vrouens, en nou ook twee gesinne!  Dis reg, in My Boetie se Sussie se Ou is dit agtien jaar later en hou John steeds twee families in verskillende dele van Londen aan, beide dolgelukkig en salig onbewus van mekaar.  Maar wanneer sy twee tieners, ‘n dogter van die een gesin en ‘n seun van die ander, mekaar op ‘n internetkletskamer raak gesels en angstig besluit om mekaar in die persoon te ontmoet, versnel John se reeds gejaagde lewe tot in die hoogste rat, en moet hy spook om hulle uitmekaar te hou.  My Boetie se Sussie se Ou is Pierre van Pletzen se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney se Caught in the Net, en onder die regie van Suid-Afrika se eie klugkoning Frans Swart.  My Boetie se Sussie se Ou speel in die Atterburyteater, Pretoria vanaf 29 tot 31 Januarie 2015, met vertonings om 20:00 elke aand en ‘n middagvertoning op Saterdag om 15:00.Botha gaan see toe

Besprekings vir al die vertonings kan by Computicket gedoen word deur 0861 915 8000 te skakel, of op die webwerf www.computicket.com.  Groepe van 10 of meer kry oudergewoonte ‘n lekker afslag deur Lefra Produksies te skakel by 011 815 3000 of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com.  Ons stel ook vertonings by die bogenoemde venues beskikbaar aan organisasies wat dit wil gebruik as fondsinsamelingsprojek.  Belangstellendes kan Charl Senekal kontak by die bogenoemde nommer, of ‘n e-pos stuur aan marketing@lefra.com.  Vir meer inligting, besoek www.lefra.com of www.myboetie.co.za.

In My Boetie se Sussie se Ou ontmoet ons weer vir John Smith (David Rees), die Londense taxibestuurder wat saam met sy vrou Mary (Ana van Achterbegh) in Highgate gewoon het… en ook met sy vrou Barbara (Cindy Swanepoel) in Finchley, net vier minute uitmekaar.  Vicky (Anel du Plessis), John en Mary se dogter en Gavin, seun van John en Barbara Smith, ontmoet in ‘n internetkletskamer en is angstig om in persoon te ontmoet.  Hoekom nie?  Hulle het dan soveel in gemeen, insluitend ‘n taxibestuurder-pa genaamd John Leonard Smith… wat natuurlik dieselfde persoon is.  Wanneer John van hierdie jong internetromanse te hore kom, moet hy behoorlik bontstaan om sy “kinders” uitmekaar te hou en sy dubbelle lewe geheim te hou van sy kinders sowel as sy vrouens!  John klop natuurlik by sy vriend Stanley Gardener (Botha Enslin) aan om hulp, wat skreeunsaakse leuens, verwarrende identiteite en geheimsinnige foonoproepe.  En wanneer Stanley se seniele pa Dêda (Frans Swart) opdaag vir ‘n vakansie , is die gort behoorlik gaar.  Frans Swart staan steeds in vir Hennie Smit in die rol van Dêda nadat Hennie baie siek geword het by die Staatsteater speelvak in September.  Swart moes toe die vertonings by die Staatsteater voltooi.  En hy het ook by die speelvakke in Namibië, Aardklop en Hartenbos gespeel.Frans Swart as Deda 2

Regisseur Frans Swart sê My Boetie se Sussie se Ou is natuurlik een van daardie klugte wat oor al die elemente beskik om mense aan die lag te kry en aan die lag te hou.  “Daardie ‘laugh per minute’.  En dis presies wat ons met My Boetie se Sussie se Ou wil doen.  Mense moet net kom lag en ontspan oor die manewales van John Smith en sy twee gesinne.  Die wetenskaplikes sê mos daar is niks wat ’n mens beter laat ontspan as lag nie.  En daarom is dit vir Lefra Produksies so ’n eer om hierdie produksie op te voer.  Mense wil nie meer wroeg nie – daarvoor sorg ons politiek beslis baie goed – ons mense wil lag.  En dis juis wat My Boetie se Sussie se Ou gaan bring.”

Swart voeg ook by dat dit nog altyd vir Lefra Produksies belangrik is om met die produksies te toer.  “Alhoewel dit uit ’n logistieke oogpunt ’n nagmerrie is om met so ’n groot rolverdeling en stel te toer, gaan ons beslis die pad die land vol vat en dit moontlik maak vir die hele land om die produksie te sien.”

Bespreek jou kaartjies vir My Boetie se Sussie se Ou nou by Computicket.  Vir groepbesprekings en gasvryheidspakkette, skakel Lefra Produksies by (011) 815-3000 of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com.

My boetie se sussie se ou…

Met David Rees en Frans Swart, asook Ana van Achterbergh, Anel du Plessis, Botha Enslin, Cindy Swanepoel, Frans Swart en Francois van Renbsburg

Stel Henry Tucker en Shaun van Eck| Toerstel Hugo Hewitt

Aangebied in samewerking met Oos-Rand Stereo, Pickfords, RSG en Sounds Good

Atterburyteater, Daventrystraat 4 (h/v Lynnwoodweg en Daventrystraat, Lynnwood)

Donderdag, 29 Januarie 2015 @ 20:00 | Vrydag, 30 Januarie 2015 @ 20:00 | Saterdag, 31 Januarie 2015 @ 15:00 & 20:00

Besprekings: Computicket 0861 915-8000 | www.computicket.com

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

7 wen Beiteltjies-toekenning

Agt woordkunsskeppers en -fasiliteerders is gisteraand, 30 November 2020, deur die Afrikaanse Woordkunsakademie met die …

Neels is gereed om liefde te vind

Hy het ‘n groot liefde vir teater, branderblankry en gholf, maar daar is een liefde …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.