Woensdag , Oktober 16 2019
Home / Afrikaanse Musiek / BLOOD BROTHERS – Werf Zolani Mahola vir 2016

BLOOD BROTHERS – Werf Zolani Mahola vir 2016



Maak gereed vir nog ‘n massiewe Blood Brothers konsert by Carnival City op 9 September 2016

Die formidabele BLOOD BROTHERS het geskiedenis gemaak as Suid-Afrika se eerste rock supergroep toe hulle bymekaar gekom het by Carnival City op 10 Julie 2015 en by Grand West Casino op 23 September om kanker die stryd aan te sê ten bate van die Vrede Foundation .

Die Vrede Foundation se doel is om bewustheid onder jong mense (15 – 29 jariges) oor kanker te skep en om op dieselfde tyd fondse in te samel om jong Suid-Afrikaners met hierdie siekte by te staan.

Tien van die grootste name in SA rock is gewerf om tydens ‘n 3 uur lange konsert die verhoog te ruk met hul legendariese treffers, asook die treffers van hul gunsteling internasionale groepe wat hul klank beïnvloed het.

2015 se groep:

Arno Carstens (Springbok Nude Girls), Francois van Coke (Fokofpolisiekar), George van der Spuy (Taxi Violence), Albert Frost (Blues Broers), Kobus de Kock Jnr. (Black Cat Bones), Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar), Rian Zietsman (Taxi Violence), Jason Hinch (ex Black Cat Bones, Boargazm), Isaac Klawansky (Shadowclub) en Loedi Van Renen (Taxi Violence)

Die Blood Brothers het nie net duisende mense na hul vertonings getrek nie, maar ook ‘n oorlogskreet, People Gotta Know, opgeneem om verder fondse in te samel vir die Vrede Foundation:

Kyk die musiekvideo vir People Gotta Know deur BLOOD BROTHERS:

In 2016 is die Blood Brothers weer slaggereed om ‘n groter terrein te verower vir hierdie saak:

Maak gereed vir nog ‘n massiewe Blood Brothers konsert by Carnival City op 9 September 2016.

Arno Carstens het die groep verlaat, maar die Blood Brothers het gehergroeppeer en vervolmaak hul wenresep met die werwing van hul fantastiese suster, Zolani Mahola van Freshlyground.

Hierdie geliefde en charismatiese kunstenaar het geen bekendstelling nodig nie. Zolani is ikonies en dis ‘n belewenis om haar op ‘n verhoog te aanskou… en sy is gereed om haar unieke bydrae tot die Blood Brothers groep te maak.

“Ek is so opgewonde om hierdie jaar deel te wees van Blood Brothers, want dit beteken dat ek kan uitrock saam met van my gunsteling kollegas en rock legendes van ons tyd. Al wat moontlik beter as dit is is dat ons aandag bring aan en ons stemme uitleen vir die geveg teen ‘n onsigbare, maar dodelike vyand – kanker. As jy ooit iemand geken het wat teen hierdie gevreesde siekte baklei het, sal jy verstaan hoe belangrik dit vir my is om steun te gee aan dié wat lei. Ek is trots om die eerste vroulike Blood Brother te wees en staan saam met my rock kamerade. Aluta continua!” Zolani Mahola

Die Details: 

Datum: 9th September
Plek: Carnival City

Tyd: 8pm – 11pm
Kaartjies is te kry by TicketPros en wissel van R250 tot R395.

SKAKELS:

Facebook

Twitter: @BloodBrothersSA

Vrede Foundation

#‎TenUnite

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Douvoordag sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in nuwe enkelsnit!

Die gewilde duo, Douvoordag (Jattie & Ilse de Beer), sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in hulle …

Nuwe enkelsnit Die Heelal met Janie Bay en Early B pas uitgereik!

Die gewilde sangeres Janie Bay het pas haar tweede enkelsnit in 2019 uitgereik. “Die Heelal”, …