Woensdag , Januarie 23 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Blink klere en ‘n pianis agter op ‘n bakkie!

Blink klere en ‘n pianis agter op ‘n bakkie!

Rocco de Villiers se splinternuwe enkelsnit, Wat om te dra agter op ‘n Bakkie, is pas uitgereik en hierdie liedjie gaan jou verseker na die dansvloer lok!

Die stuk se inspirasie het voortgespruit uit ‘n ware gebeurtenis in die Karoo, waar Rocco met een van sy flambojante uitrustings agter op ‘n bakkie 38km moes ry, nadat die motor waarin hy oppad was na die show, gebreek het.  Kraaie het die bakkie vir 38km gevolg … net in SA ry ‘n pianis 38km met blink klere agter op ‘n bakkie om by ‘n show te kom!

Die musikant se veertiende instrumentale album, kortbroek, langkouse is gedurende Julie 2018 bekendgestel en bou voort op die unieke klavierstyl, eiesoortige komposisies en verwerkings waarvoor hy bekendheid verwerf het. Die nuwe vrystelling spog met tien splinternuwe oorspronklike werke, uit sy eie pen, asook vier van sy gewildste treffers vanaf vorige albums, wat Kla 2 Kla 3 Kla 4, Anna Aeroplane, Roccobilly en Escape from the Ordinary Life (die temamusiek van RSG se weeklikse kunsprogram op Dinsdagaande) insluit.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Alternatief is Groot word gebore en studente kan die jaar behoorlik afskop

Studente in Pretoria wat teleurgesteld is dat hulle nooit die destydse JOOL in volle glorie …

Rami Malek: Becoming Freddie – an Apple music exclusive!

Go inside star Rami Malek’s casting and discover how he captured the look, physicality, and …