Woensdag , Oktober 16 2019
Home / Movies / Blinded by the Light in Suid-Afrikaanse fliekteaters vanaf hierdie naweek!

Blinded by the Light in Suid-Afrikaanse fliekteaters vanaf hierdie naweek!

Die aangrypende fillm, BLINDED BY THE LIGHT wat baie van die musiek van Bruce Springsteen bevat, beloof om deur middel van ’n emosionele plesierreis, vir kykers te illustreer hoe musiek lewens kan verander – veral in die fase waar tieners volwassenes word.

Die rolprent word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en open hierdie Vrydag, 16 Augustus 2019 by plaaslike bioskope.

BLINDED BY THE LIGHT is ’n fliek oor grootword deur regisseur Gurinder Chadha, wat in 2002 verantwoordelik was vir die lokettreffer Bend It Like Beckham. Die rolprent, wat beide ’n sjarmante huldeblyk aan tienerdrome en Bruce Springsteen is, is ook ’n opwindende terugkeer na die kollig vir dié geliefde regisseur. Sy beskryf die kern van die fliek so: “Dit is ook ’n jonman se drome en hoe iemand, uit ’n totale ander agtergrond en duisende kilometers weg, hom inspireer om dit te volg.” 

Dit vertel die storie van Javed (Viveik Kalra), ’n Pakistanse British tiener wat in ’n mindergegoede buurt in Londen woon in 1987, en presies dit ervaar. Dan ontdek hy Bruce Springsteen se musiek, wat hom wakker maak en sy obsessie en indentiteit word. Maar die musiek doen ook meer as dit. 

Javed se wêreld word op sy kop gedraai nadat ’n toevallige ontmoeting met ’n rebelse klasmaat, Roops (Aaron Phagura), wat sy nuwe vriend aan die polsende musiek van Bruce Springsteen voorstel; die kunstenaar wat op daardie tydstip nie noodwendig meer as ‘cool’ geag word deur Javed se tydsgenote nie, maar die lirieke inspireer hom en neem beheer van sy toekoms. 

Javed se huislike omstandighede is dieselfde as wat ons al honderde kere gesien het: Ouers wat verwag dat hulle kinders die kultuur waarmee hulle grootgeword het moet ignoreer vir die waardes van die land waarvandaan hulle kom. Malik (Kulvinder Ghir) die streng pa, is vasgevang in ’n ondankbare werk. Hy het sy hele lewe daaraan spandeer om ’n beter toekoms vir sy kinders te skep.  Hy is ’n trotse en tradisionele patriarg en weier dat sy seun ’n huurmotorbestuurder word, maar is ook heeltemal onbewus van Javed se brandende begeerte om sy eie man te wees. Ghir se vertolking van die rol is hartlik en skreeusnaaks. 

Net soos met Javed, verleen Kalra se spontaniteit en onverwagse lae van emosionele kwesbaarheid baie diepte aan die fliek en lyk dit regtig of hy die tyd van sy lewe in hierdie rol het.

Geïnspireer deur die lewe van die Britse joernalis, Sarfraz Manzoor, wat ook mede-draaiboekskrywer is, fokus die fliek op ’n tiener wat sukkel om balans te vind tussen sy lewe binne en buite sy ouerhuis en hoe sy lewensverwagtinge hemelsbreed verskil van sy Pakistanse pa s’n.

Javed se vriende en familie is in die res van die rolverdeling te sien. Sy ma Noor (Meera Ganatra) is die geduld self, terwyl sy ousus Shazia (Nikita Mehta) vir hom die nodige perspektief gee oor hoe om sy eie waarheid te ontdek.

Die ondersteunende rolle is gevul deur talent soos Hayley Atwell as die Engelse onderwyser wat help om die platform te skep vir Javed se inspirasie om te groei; Nell Williams as Eliza, die meisie wat sy oog vang; en sy sogenaamde nuwe beste vriend Matt (Dean-Charles Chapman).

Lys van teaters:

CircuitCinema
SterKinekorBay West
SterKinekorBayside
SterKinekorBedford Square
SterKinekorBoardwalk
SterKinekorBrooklyn Nouveau
SterKinekorCarnival City
SterKinekorCavendish Commercial
SterKinekorCedar Square
SterKinekorEastgate
SterKinekorForest Hill
SterKinekorGateway Commercial
SterKinekorMall of Africa
SterKinekorMusgrave
SterKinekorN1 City
SterKinekorRosebank Nouveau
SterKinekorRosebank The Zone
SterKinekorSandton
SterKinekorSecunda
SterKinekorShelly Beach
SterKinekorSomerset Mall
SterKinekorV & A Nouveau
Nu MetroNM Bedford
Nu MetroNM Canal Walk
Nu MetroNM Clearwater
Nu MetroNM Galleria
Nu MetroNM Hyde Park
Nu MetroNM Menlyn Park
Nu MetroNM Park View
Nu MetroNM Pavilion
Nu MetroNM The Glen
Nu MetroNM V&A Waterfront
IndependentsKillarney Cine Centre
IndependentsLabia Orange St.
IndependentsMidlands Cine Centre
IndependentsMovies@Monte
IndependentsSuncoast Cine Centre

SOSIALEMEDIA

Vir meer inligting oor BLINDED BY THE LIGHT, insluitend die amptelike lokprent, hou ons Facebook-blad dop of volg ons op Twitter by @NutsAboutMovies en gebruik die hutsmerk #BBTLMovie_SA om oor die fliek te gesels.

INTERNASIONALE SKAKELS

Facebook: @blindedbythelightmovie

Twitter: @BBTLmovie

Instagram: @blindedbythelightmovie

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Nuwe fliek ondersoek die band tussen ouer en kind in ’n post-pandemiese era

Die tydlose verhaal van ’n ouer, wat heeltemal toegewy is aan ’n kind, is een …

Reën en romanse is die inspirasie vir Woody Allen se nuwe romantiese komedie!

A RAINY DAY IN NEW YORK, uit die pen van die regisseur Woody Allen, is …