Woensdag , Desember 12 2018
Home / Goeie Nuus | Good news / BIKERS VIR MANDELADAG – Motorfietsrit om meisies in die skool te hou hierdie Mandeladag

BIKERS VIR MANDELADAG – Motorfietsrit om meisies in die skool te hou hierdie Mandeladag

BIKERS FOR MANDELA DAY, in samewerking met die Nelson Mandela-stigting, gaan vanjaar saamtrek met een doel voor oë; en dit is om “Meisiekinders Op Skool” te hou deur sanitêredoekies in te samel vir die driemiljoen meisies wat op ’n jaarlikse basis skool mis omdat daar nie geld is vir basiese toiletware nie.

Hierdie inisiatief is in 2010 deur Nelson Mandela se voormalige persoonlike assistent, Zelda la Grange, begin om Mandela se nalatenskap te vier deur minderbevoorregtes te help. Motorfietsryes, regoor die land, word elke jaar aangemoedig om deel te neem deur ritte en saamtrekke in hulle eie dorpe te reël of om deel te neem aan die massasaamtrekke wat in die Weskaap (14 Julie)  – aangesien hierdie inisiatief deur Kaapstad ondersteun word – of in Johannesburg (15 Julie) gehou word.

“Vanjaar se projek stel meer motorfietsryers in staat om deel te neem aan hierdie negejaaroue tradisie van prethê, terwyl goeie dade gedoen word. Madiba het geglo dat selfs die kleinste poging ’n verskil kan maak. Ek hoop dat die eienaars van enige tweewielaangedrewe voertuie met enjins, van bromponies tot groot motorfietse, sal deelneem om ’n doeltreffende impak te hê op hierdie goeie doel. R180 is genoeg om aan een dogter se jaarlikse sanitêredoekiebehoeftes te voorsien en haar in die skool te hou. Met so min, kan so baie bereik word,” sê organiseerder, Zelda la Grange.

Vir Metro FM se Angie Khumalo, wat al vir sewe jaar deel is van BIKERS FOR MANDELA DAY, was die kans om “deel te wees van iets groter as sy self” die belangrikste rede hoekom sy betrokke geraak het. “Ek dink ons word so verslind deur ons eie lewens dat ons heeltemal onbewus raak van die lot van minderbevoorregtes. Vir my persoonlik, sal dit ’n wonderlike geleentheid wees om weer bewus te word van wat aangaan en betrokke te raak. Dis ’n groot eer om deel te neem en aan Madiba se nalatenskap te bou deur tyd af te staan vir die verbetering van ’n gemeenskap. Om dit te kan doen, terwyl ek op my droomfiets ry, is net nog ’n baie lekker kersie op die koek.”

Motorfietsryers word uitgenooi om op Saterdag, 14 Julie 2018 te ontmoet by The Grand Parade in Kaapstad om 8h00 die oggend.  Die rit sal om 9h30 na die Drakenstein gevangenis vertrek.  Hierdie inisiatief word ondersteun deur City of Cape Town.

Op Sondag, 15 Julie 2018 word motorfietsryers uitgenooi om om 8h00 die oggend by die Nelson Mandela Foundation in Houghton bymekaar te kom.  Die rit sal om 9h30 vandaar na die Unie Gebou in Pretoria vertrek.

Voornemende motorfietsryers kan gratis registreer hier.  Deelnemers word versoek om elkeen ’n pak sanitêredoekies saam te bring – of soveel as wat hulle kan bekostig – vir die rit. Al die produkte wat ingesamel word, sal dan aan minderbevoorregte dogters versprei word deur BIKERS FOR MANDELA DAY se projekvennoot, Mimi Women, ’n trots-Suid-Afrikaanse organisasie wat sanitêredoekies vervaardig, verkoop en versprei.  Maatskappyverteenwoordigers sal ook by beide geleenthede, in Kaapstad en Johannesburg, doekies verkoop.

Om oorsese motorfietsryers die geleentheid te gee om deel te neem aan die geleentheid en skenkings te maak vir die BIKERS FOR MANDELA DAY-inisiatief, is ’n groepbefondsingsblad geskep om Mimi Women te ondersteun. Om ’n skenking te maak deur middel van GivenGain.

MEER OOR BIKERS FOR MANDELA DAY:

BIKERS FOR MANDELA DAY se loodsrit is in 2010 deur ’n groep motorfietsryers van Johannesburg en Kaapstad onderneem. Sedertdien is meer as 100 000 kilometer afgelê oor al die provinsies, asook  Botswana, Swaziland en Mozambiek.

Tot op datum, het meer as 10 000 mense voordeel getrek uit dié projek – oor die afgelope nege jaar, het motorfietsryers gehelp om weeshuise op te knap, kos en komberse by ouetehuise afgelewer, skryfbehoeftes aan skole verskaf, groentetuine geplant in arm gemeenskappe en geriewe opgeknap by sentrums wat slagoffers van verkragting ondersteun en polisiestasies regoor Suid-Afrika.

Die inisiatief was ook betrokke by die bou van ’n klaskamer en kleuterskool op ’n plaas in De Rust in die Weskaap in 2010. Twee jaar gelede is daar berig dat kinders wat uit hierdie kleuterskool kom reeds kan lees en skryf teen die tyd wat hulle laerskool toe gaan.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Twitter:                @Bikers4MandelaD

Instagram:          @BikersforMandelaDay

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

UFS researcher one step closer to treat HIV/Aids

South Africa has the biggest and most high-profile HIV epidemic in the world, with an …

Graduate’s research contributes to food security

Global food security is currently threatened both by climate change and the low diversity of …