Dinsdag , September 25 2018
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Bieg saam met Wonderlus die film!

Bieg saam met Wonderlus die film!

Brand jy om te bieg oor ‘n donker gedagte of diepe geheim?

Gaan na Wonderlus.com en vertel ons. Elke Sondag deel ons #sesvandiebestes op Instagram. Dis anoniem.

Wonderlus, ‘n kykNET film, speel af by ‘n troue wat lelik ontspoor. Dit draai om die groep vriende wat die volgende oggend al die los drade van die vorige aand probeer bymekaartrek: Die bruid en bruidegom is weg, maar die geheimsinnige kelnerin hou dalk die sleutel tot almal se vrae. 

Dié speelfilm is verlede jaar by die kykNET Silwerskermfees met drie toekennings bekroon – Beste teks (Johan Cronje), Beste byspeler (Beer Adriaanse) en Beste aktrise (Lea Vivier). Die film word op  27 April 2018 landwyd vrygestel.

 Wonderlus het Silwerskermfeesgangers gaande gehad oor die vars blik wat dit op van die grootste ou vrae gee: Wat is ware liefde en waar lê die balans tussen wat jy moet en wat jy wil?

Die film kom uit die pen van Johan Cronje (Strikfontein en Phil101) en word vervaardig deur SAFTA bekroonde Nouvaaand Films (Hotel 1 & 2, Sterlopers, Buurtwag en Hartstog)

Bly op hoogte van al die Wonderlus nuus hier.

Voorlopige lokprent:

#Wonderlus #DoenWatJyMoet

Instagram: @Wonderlusfilm

Facebook

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Ongelooflike ondersteuning vir die bekroonde Ellen Pakkies-film!

ELLEN, DIE ELLEN PAKKIES STORIE is op Vrydag, 7 September 2018, amptelik vrygestel in plaaslike …

Opwindende tyd vir NOMMER 37!

Die Ghoema-benoemde kletsrymer, LINKRIS THE GENIUS, het pas die musiekvideo van sy treffer, NOMMER 37, …