Bekroonde fliek, KROTOA, nou in fliekteaters!

245

Die bekroonde fliek, KROTOA, uit die pen van Kaye Ann Williams en Margaret Goldsmid, wat geskep is deur ’n dinamiese span vroue, met bekroonde filmvervaardiger, Roberta Durrant, as regisseur en vervaardiger en Crystal-Donna Roberts in die hoofrol, open op Vrydag 4 Augustus 2017 in fliekteaters landswyd.

Kaartjies kan reeds bespreek word by:

STER KINEKOR

NuMetro

Hierdie merkwaardige drama vertel die storie van ’n vurige elfjarige Khoi-prinses (Charis Williams), wat van haar stam weggeskeur word om vir Jan van Riebeeck (die eerste goewerneur van die Kaapse Kolonie en haar oom se handelsvennoot) te gaan werk. Sy word na die eerste Fort, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is, geneem waar sy grootword as ’n visionêre jong dameSy word na die eerste Fort geneem, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is. Hier word sy groot as ’n visionêre jong dame, wat die Nederlandse taal en kultuur so goed verstaan, dat sy ’n invloedryke tolk word vir van Riebeeck – die eerste goewerneur van die Kaapkolonie. Krotoa word egter op die ou einde deur haar eie Khoi-mense verwerp en deur die Hollanders vernietig wanneer sy probeer om ’n middeweg tussen die twee kulture te vind. . KROTOA (Crystal-Donna Roberts), wat leer om die Nederlandse taal en kultuur goed te verstaan, word ’n invloedryke tolk tussen Jan van Riebeeck (Armand Aucamp) en haar eie mense. Vasgevang tussen twee kulture, probeer sy om dié twee wêrelde met mekaar te versoen, wat veroorsaak dat die Khoi-stam haar verwerp en die Nederlanders haar vernietig.

Crystal-Donna Roberts, wat naam gemaak het in flieks soos die Endless River, Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom en Skeem; asook televisiereekse soos 7de Laan, Montana, Vallei van die Sluiers, Getroud met Rugby, Boland Moorde en Byl, vertolk die rol van KROTOA. SAFTA-wenner, Armand Aucamp, wat veral bekend is vir sy indrukwekkende vertolkings in Ballade vir ’n Enkeling en Die Boekklub speel Jan van Riebeeck, terwyl ander gesoute akteurs soos Jacques Bessenger, Doen Lotz, Marcel van Heerden, Roeline Daneel, Brendan Daniels en Ernest St Clair ook in hierdie boeiende verhaal te sien is. Sy word na die eerste Fort geneem, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is. Hier word sy groot as ’n visionêre jong dame, wat die Nederlandse taal en kultuur so goed verstaan, dat sy ’n invloedryke tolk word vir van Riebeeck – die eerste goewerneur van die Kaapkolonie. Krotoa word egter op die ou einde deur haar eie Khoi-mense verwerp en deur die Hollanders vernietig wanneer sy probeer om ’n middeweg tussen die twee kulture te vind.

KROTOA is ’n treffende film oor ’n dapper vrou, wat alles in die stryd gewerp het, om geboorte te gee aan die wonderlike nasie waarvan ons almal vandag deel is. Dit het nie net ’n kragtige boodskap, waarmee almal kan vereenselwig nie, maar beloof ook om die kyker op ’n onvergeetlike avontuur te neem na vervloeë tye.

KROTOA is vervaardig deur die SAFTA-bekroonde rolprentvervaardigingsmaatskappy, Penguin Films in samewerking met kykNET en word landswyd uitgereik deur Ster-Kinekor Entertainment.

Kyk die lokprent hier:

 

Kyk die storie agter Krotoa hier:

Lys van teaters:

Ster Kinekor:

Bay West

Tygervalley

Somerset Mall

V & A Waterfront Nouveau

Parow

Garden Route Mall (George)

The Grove – Windhoek

Gateway (Dbn)

Sterland (Pta)

Brooklyn (Pta)

Kolonnade (Pta)

Rustenburg

Rosebank Nouveau (Jhb)

Cresta (Jhb)

Vaal Mall (Vereniging)

Nu Metro:

Grandwest Casino

Hyde Park (Jhb)

V&A Waterfront Commercial

Walmer Park (PE)

Welkom

Worcester

Onafhanklik:

Epic Northridge (Bloemfontein)

Labia (Cpt)

Movies@Monte (Jhb)

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook 

Twitter: @KrotoaMovie

Instagram: @krotoa_film

Hutsmerk: #Krotoa

 

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments