Saturday , January 23 2021
Cheap domain registration and hosting!

Bekendstelling van Julanie J se video vir die nuwe enkelsnit Sandkastele!

`n Video van Julanie J se heerlike nuwe enkelsnit Sandkastele is pas uitgereik.  Die video was in Vermaaklikheid verfilm.  Julanie sê: “Ek kan nie beskryf hoe asemrowend mooi hierdie strand is nie! Die span was fantasties en dit sê mens nie sommer nadat jy vir vier dae met min slaap, nie genoeg koffie en persoonlike spasie moes werk nie. Elke mens op stel het hul talente, ideas en kreatiwiteit opgeoffer om hierdie video super spesiaal te maak. My hart loop oor van dankbaarheid teenoor elkeen in die span.”

Sandkastele is op 4 Oktober 2019 uitgereik. Dit is haar tweede liedjie wat in 2019 in samewerking met Warner Music opgeneem en vrygestel is. Die eerste enkelsnit Dalk is Ek het in Julie vanjaar die lig gesien en het onder ander die nommer 1 posisie op CCFM se Top 10 gehaal.

Julanie vertel dat Sandkastele daaroor gaan om ons te herinner om mekaar te geniet en waardeer terwyl ons kan. “My fondasies was in 2018 geskud. Dit wat ek geglo het was honderd maal getoets einde laasjaar toe ek met ń skok besef net hoe vinnig ons tyd hier op aarde is.  Dis `n eer om iemand te kan liefhê en nog meer as hul jou ook liefhet. Tyd loop vinnig en ons vergeet soms wat werklik saak maak.”

Julanie wat onlangs haar 21ste verjaardag gevier het, het haar eerste liedjie op die ouderdom van 4 jaar geskryf en haar debuutalbum “Spirit Breakout” (2015) het binne 24 uur die Top 30 van die internasionale iTunes trefferlys gehaal. Sy is in 2016 vir n Mzanzi ChristianToekenning genomineer.
Julanie skryf ook vir verskeie ander kunstenaars en het al onder meer liedjies geskryf vir Lokua Kanza, sowel as vir Helmut Meijer AKA Calev, Sanet Lambrechts en die sangeres Nadia Vorster.
Sandkastele video-produksiespan:

Vervaardiger: Josh Kempen.
Regisseur: Rob Dos Santos.
Kinematografie: Byron Davis.
Kreatiewe regisseur: Brandon Hinton.
Hare en grimering: Anel van Wyk.
Model kerel: Dieter Blom

Julanie J werk tans saam met musiek-vervaardiger Gideon Botes aan die vollengte album wat in 2020 uitgereik word. Botes is bekend vir sy studio- werk met onder andere Nianell, Watershed, Karlien van Jaarsveld, Corlea Botha en die Soweto String Quartet.

Facebook
Instagram: @JulanieJ

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

10 miljoen trefslae vir Boerepompie!

Op 7 April 2020 word die treffer Hardekole (Ricus Nel ft. Refentse, Adam Tas & …

Water onder Andriëtte se brug!

Met Platinum-toekennings agter haar naam, is Andriëtte een van Suid-Afrika se top Afrikaanse Vroulike kunstenaars …