ATKV-tienertoneel: 15 beste Tienertoneelproduksies vir 2017 aangewys!

173

Ná ’n maand van ATKV-Tienertoneelstreeksfeeste, duisende kilometers en wat deur Cintaine Schutte, aktrise en beoordelaar, beskryf kan word as “onvergeetlike teater, hope talent, asemrowende nuwe tekste” is die 15 beste Tienertoneelproduksies vir 2017 aangewys.

Dié jong akteurs en aktrises wat hul staal van 4 tot 7 Oktober in Artscape, Kaapstad, gaan toon, is soos volg (in geen spesifieke volgorde nie):

Die Afrikaanse Hoër Seunskool – Plekke!

Heatherdale Sekondêre Skool – Mans genoeg?

Helpmekaar Kollege – Die Mensfabriek

Hoër Meisieskool Bloemhof – Wag, ek kry gou my foon (en soos sulke goed)

Hoërskool Durbanville – Die Eindelose Konstellasies – ‘n gedagtedroom

Hoërskool Eldoraigne – Prediker 3

Hoërskool Jan van Riebeeck – Die niks

Hoërskool Monument – My Suid-Afrika: ‘n openbaring

Hoërskool Parel Vallei – Kopskoot

Hoërskool Stellenbosch – Blessings

Hoërskool Tygerberg – Sewentien

Hoërskool Tygerberg – Innie selle

Hoërskool Zwartkop – Min of meer

Hoërskool Zwartkop – Hospitaal 224

Selborne College – Rondo

Die beoordelaars is dit eens dat vanjaar se talent uitstekend was.

“Elke stuk het oneindige waarde en groei aan die akteurs, tegniese spanne en regisseurs gegee. Hier is gelag, gehuil, geleer en gedeel – alles onder die toweragtige vaandel van die kreatiwiteit in teater,” sê Ira Blackenberg, een van die beoordelaars.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments