Wednesday , September 29 2021

ASTV se moenie-uitmis-winterpromosie!

ASTV bied die volgende Winterpromosie wat jy as besigheidseienaar nie kan misloop nie! Adverteer op Televisie!

ASTV, die Afrikaanse TV kanaal op die OpenViewHD asook die StarSat dekodeerder bied nou ‘n spesiale aanbod aan adverteerders. Gebruik hierdie geleentheid as toetslopie om sodoende ‘n permanente staande spasie op ASTV te bekom.

Adverteer op ASTV en bereik nagenoeg, ‘n geskatte, 250 000 kykers, landwyd!
Gedurende die wintermaande (Junie-Augustus) bied ASTV jou besigheid die geleentheid om op nasionale TV te adverteer.

Hier is verkeie opsies om van te kies:

Opsie 1:

Teen slegs R 5000 saai ASTV jou reeds bestaande 30 sekonde goedgekeurde TV advertensie een keer per dag, elke dag vir 30 dae in piektyd (18h00 – 22h00) uit. Aangesien ASTV se programmering so geskeduleer is (en die kyker die versekering kry dat hy/sy ‘n program nie mis nie), word die vorige aand se skedule die volgende oggend net so herhaal.
– Dus ontvang u ‘n addisionele 30 nie-piektyd advertensiespasies gratis en verniet.
– U betaal dus R 5000 vir 60 advertensiespasies vir die maand wat ‘n gemiddeld van R
83.00 per advertensie beloop.
– Die ware koste beloop tans R450 per advertensiespasie in piektyd x 30 dae = R 13 500
– + R 250 per advertensiespasie in nie-piektyd x 30 dae = R 7500
– U bespaar dus R 16 000
– Let wel: slegs ‘n beperkte aantal spasies is beskikbaar en bedrae sluit BTW uit.

Opsie 2:

Teen slegs R 12 500 saai ASTV jou reeds bestaande 30 sekonde goedgekeurde TV advertensie een keer per dag, elke dag vir 90 dae in piektyd (18h00 – 22h00) uit. Aangesien ASTV se programmering so geskeduleer is (en die kyker die versekering kry dat hy/sy ‘n program nie mis nie), word die vorige aand se skedule die volgende oggend net so herhaal.
– Dus ontvang u ‘n addisionele 90 nie-piektyd advertensiespasies gratis en verniet.
– U betaal dus R 12 500 vir 180 advertensiespasies vir die 3 maande, wat ‘n gemiddeld
van R 70.00 per advertensiespasies beloop.
– Die ware koste beloop tans R450 per advertensiespasie in piektyd x 90 dae
40 500
– + R 250 per advertensiespasie in nie-piektyd x 30 dae = R 22 500
– U bespaar dus R 50 500
– Let wel: slegs ‘n beperkte aantal spasies is beskikbaar en bedrae sluit BTW uit.

GEEN ADVERTENSIE?

• Kies opsie 1, betaal R 7 500 en ontvang die lugtyd soos hierbo uiteengesit asook ‘n ASTV vervaardigde 30 sekonde standaard TV advertensie. Hierdie advertensie word die eiendom van die kliënt en kan gebruik word soos verkies. (Let wel: hierdie is slegs ‘n basiese advertensie en sluit nie addisionele toerusting, akteurs, stemkunstenaars ens. in nie)

• Kies opsie 2, betaal R 15 000 en ontvang die lugtyd soos hierbo uiteengesit asook ‘n ASTV vervaardigde 30 sekonde standaard TV advertensie. Hierdie advertensie word die eiendom van die kliënt en kan gebruik word soos verkies. (Let wel: hierdie is slegs ‘n basiese advertensie en sluit nie addisionele toerusting, akteurs, stemkunstenaars ens. in nie).

• Let wel: die 30 sekonde advertensie sal met HD kamera’s verfilm word, met suiwer klank om in te skakel by die standaard van ASTV. Hierdie advertensie word teen ‘n spotgoedkoop bedrag aan u gelewer om u die geleentheid te bied om ook op TV gesien te word. Die werklike waarde van hierdie 30 sekonde advertensie beloop bykans R5000 en is van hoë gehalte. U kry ‘n addisionele besparing van R2500.

“WAT OM VOLGENDE TE DOEN…”

• Stuur ‘n e-pos na hilda @ astv.co.za en laat weet ons watter opsie jy kies.
• Ons sal jou kontak, die papierwerk in orde kry, aflewering van advertensiemateriaal of die
vervaardiging van jou advertensie bespreek.
• ASTV sal tot u diens wees om te verseker dat u die beste moontlike blootstelling op TV
ontvang.
• Enige ander navrae? Antwoord terug op hierdie e-pos en ons sal so gou moontlik met u in
aanraking kom.

MEER OOR ASTV

ASTV se unieke verskeidenheid TV programme is meestal gemik op die Afrikaanse gemeenskap, en bied ʼn opwindende uitbreiding van die reeds omvattende verskeidenheid kanale op OpenView HD. ASTV spog met ʼn verskeidenheid programme wat geskik is vir die hele gesin. Kykers word vermaak met programme wat die Afrikaanse kultuur en leefstyl omarm, en wissel van musiekprogramme tot kosprogramme.ASTV NEW LOGO 06

Programme soos In Die Kollig, ʼn leefstylprogram aangebied deur die bekende aktrise Sarahann Doherty is ‘n groot gunsteling onder die kykers. In hierdie program kry die kykers ʼn kykie in die lewe van bekendes, en kan saamreis na mooi tuine, bekendes se huise en ander interessante en mooi plekke, boeremarkte, feeste, gholfdae en bekendstellings. Hengelaars sit weekliks bankvas voor die kassie om Vaskap, een van die grootste en gewildste hengelprogramme in S.A te kyk. Die program fokus veral op varswaterhengel in en om Suid-Afrika. ASTV spog met ‘n rits ander opwindende programme van kosmaak, iets vir die kleinspan, snaakse stories in DISSI STORIE, kerkdienste op ‘n Sondag en die nuutste musiekvideo’s wat jou dansvoete sal kielie.

(Vir volledige programinligting, sien ons programgids http://www.astv.co.za/#/programme).
ASTV se besturende direkteur, Jaco Ferreira, sê die kanaal fokus om ʼn groter gehoor te bereik deur die vennootskap met OpenView HD. “Die Afrikaanse mark het ons kanaal se inhoud tot dusver baie goed ontvang, juis omdat dit alledaagse aspekte van ons kultuur, waarmee mense hulself kan vereenselwig, aanspreek. Ons sien elke dag hoe ons gehoor groei op hierdie nuwe dekodeerder waar geen maandelikse subskripsies betaalbaar is nie.”

ASTV is een van 18 OpenView HD-kanale, wat ʼn interessante verskeidenheid kykstof aan kykers bied: van vermaak, kultuur en leefstyl, tot kinder- en opvoedkundige programme.

OpenView HD, wat in Oktober 2014 bekendgestel is, is Suid-Afrika se eerste gratis-op-die- lug digitale sateliettelevisie-platform, ‘n sustermaatskappy van e.tv. en ʼn afdeling van Sabido Investments (Pty) Ltd. Met OpenView HD betaal jy slegs eenmalig vir ʼn satellietskottel, dekodeerder en installasie, en dan kyk jy gratis vir die res van jou lewe – daar is geen maandelikse fooie betaalbaar nie. Indien jy reeds ‘n skottel op jou dak het is slegs ‘n dekodeerder nodig wat aan jou huidige skottel gekoppel word. Jy hoef nie te kies tussen dekodeerders nie en kan van die een dekodeerder na die ander oorskakel met die druk van ‘n
knoppie. OpenView HD dekodeerders is tans teen ‘n spotgoedkoop prys van R499 by jou naaste GAME beskikbaar.

MEER OOR OpenViewHD

OpenView HD is e.tv se gratis digitale satellietplatform. Dit sorg vir ʼn heel nuwe wêreld as dit kom by vermaak – 18 nuwe TV-kanale van digitale gehalte sorg vir kristalhelder TV- dekking, maak nie saak waar in Suid-Afrika jy woon nie. OpenView HD-dekodeerders is beskikbaar by handelaars landswyd. Nog meer vermaak en meer kanale sal mettertyd bygevoeg word vir kykers se genot – sonder dat jy ooit in jou lewe weer ʼn sent meer hoef te betaal.

Groete
Die ASTV-spanimage002

 

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Musiekwerkswinkel vir kleuterskoolonderwysers – 17 April 2021

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), bied ’n …

Nuwe album vir Elandre!

Sy eerste album het binne ‘n oogwink platinumstatus bereik, sy eerste enkelsnit van sy tweede, …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.