Apple Music bied die heel beste ondervinding in Afrikaanse musiek!

168

Apple Music bied die heel beste ondervinding in Afrikaanse musiek
Apple Music bied ‘n ware Afrikaanse ondervinding met die beste nuwe uitreikings, die gewildste nuwe enkelsnitte, ou gewilde treffers wat moeilik bekombaar is, ‘n reeks keurig saamgestelde trefferlyste vir elke luim en geleentheid, en die gewildste album van jou gunstelingkunstenaar. Apple Music het ook ‘n radiostasie wat slegs Arikaanse musiek speel!
Nuwe musiek wat vandeesweek op die Afrikaanse bladsy verskyn het sluit in die manne van Adam se nuwe album, Bewe, asook Piet Botha se Middernagtrein. Video’s sluit in Appel se Boer loop deur my are, Elandré se Die Lyn en Jo Black se Die vrou wat ek liefhet.

Volgens die kunstenaar Elandré, wat die meeste van sy tyd op Apple Music deurbring, “is dit wonderlik om my eie werk op dié platform te hê. Apple Music het vir my en ander kunstenaars ‘n onbetwisbare hupstoot gegee,” sê hy.

Dat Afrikaanse intekenaars gek is na musiekvideos, blyk duidelik uit die oorheersing van Afrikaanse kunstenaars soos Jack Parow, Bok van Blerk en Bobby van Jaarsveld op Apple Music se video-trefferlys.

Die platform bied aan intekenaars ‘n reeks Afrikaanse speellyste van liedjies wat met oorleg uitgesoek en saamgestel is om vir ure se ononderbroke luistergenot te sorg. Hul kurators werk nou saam met platemaatskappye soos Select Musiek en Inhoud Huis Musiek, asook Afrikaanse kunstenaars soos Karen Zoid, Die Heuwels Fantasties, Refentse, Francois van Coke en Elandré om jou die beste te bied.

Karen Zoid het byvoorbeeld die heel eerste plaaslike visuele album, Op Die Oomblik, op Apple Music uitgereik.

Opmerkings uit die bedryf:

●   “Die Afrikaanse blad op Apple Music is ‘n wonderwêreld vir enige aanhanger van Afrikaanse musiek. Dit het baie dinkwerk geverg om iets te skep waarmee Afrikaanssprekendes gemaklik sal wees. Selfs Apple Music se redaksionele inhoud is in Afrikaans. Dit is waarom die blad so vinnig groei,” sê Ernst Kleinhans van Select Musiek.

●  “As ‘n onafhanklike Afrikaanse platemaatskappy het ons verdienste uit Apple Music heelwat gestyg. Dit kan slegs te danke wees aan die toesighouding binne die stelsel wat op ‘n Afrikaanse gehoor fokus is, en die feit dat die span by Apple Music ons baie ondersteun met winkelruimte en speellyste,” sê Pierre Greef van Die Heuwels Fantasties.

●  “Dit was vir die meeste Afrikaanssprekendes ‘n enorme kopskuif om digitaal na musiek te luister en nie net fisies CD’s te speel nie. Apple Music het ons musiek verwelkom en dit vir intekenaars maklik gemaak deur hul diens en reaksionele blad ook in Afrikaans aan te bied,” sê Jacomien de Villiers van InHoud Huis Musiek.

‘n Hoogtepunt tans op Apple Music is die bekendstelling van die musiekvideoblad. Dié bladsy bevat onder meer jou gunsteling plaaslike en internasionale video’s, eksklusiewe musiekvideo-speellyste en die beste nuwe Afrikaanse musiekvideo’s.

Met meer as 45-miljoen liedjies bied Apple Music ‘n gratis proeftydperk van drie maande, sonder advertensies of enige verpligting om ‘n intekenaar te word. Verskillende inteken pakkette bestaan, van R29.99/maand vir studente, individuele lidmaatskap van R59.99/maand of ‘n gesinspakket teen R89.99/maand. Apple Music is op iPhone beskikbaar, maar kan ook van Google Play afgelaai word vir Android-fone.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Advertensie