Donderdag , Oktober 17 2019
Home / Afrikaanse Musiek / André Schwartz stel unieke musiekvideo vry vir Ek Sal Wag!

André Schwartz stel unieke musiekvideo vry vir Ek Sal Wag!

André Schwartz, wat pas met ’n Ghoema-toekenning vereer is vir sy lewenslange bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek, is een van die mees geliefde vermaaklikheidskunstenaars in die land en met goeie rede. Dié veelsydige superster is nie net ’n uitstaande sanger, liedjieskrywer, verhoogkunstenaar, akteur (Sterlopers7de Laan) en televisieaanbieder nie; maar ook ’n besigheidsman van formaat, wat alles in die lewe met passie en presiesheid aanpak.

Sy nuutste enkelsnit, EK SAL WAG, is onlangs vrygestel en getuig beslis hiervan. Binne etlike dae nadat dit uitgereik is, het dit reeds die klankgolwe van verskeie radiostasies oorgeneem en die hele land aan die praat gehad. Nóú gaan die sukses van hierdie liedjie nóg verder aangevul word met ’n unieke musiekvideo wat beslis kykers se aandag gaan trek.  Hierdie is die tweede enkelsnit-vrystelling vanaf sy komende album wat op 19 Julie 2019 vrygestel sal word.

“Die liedjie gaan oor onwrikbare geloof in die liefde en leer ’n mens meer oor geduld en dat as iets werklik reg voel, jy bereid moet wees om daarvoor te wag,” vertel André oor die betekenis agter dié lied uit die pen van die kykNET Afri-Visie-wenner, Hanmari de Wet. “Die konsep vir die video was my idee. In plaas daarvan om akteurs en aktrises te kry om rolle in die video te speel, het ons ’n klomp poppe gekry wat die storie vertel. Die gebeure word deur ’n kind ‘gemanupileer’, amper net soos wat die heelal ons lewens ook in ’n sekere rigting stuur. Ek het ook dieselfde uitrusting aan as een van die poppe en daar is ’n konstante verskuiwing tussen ’n fiktiewe wêreld en die werklikheid.”

Volgens die sanger is die video op sy plaas verfilm deur regisseur Christiaan Wolf en wil hy graag hê dat mense die storie moet verstaan en aanklank moet vind by die karakters, al is dit poppe, omdat dit eintlik ’n universele tema is wat almal ken. “Dit sal wonderlik wees as kykers elke keer wat hulle die video kyk iets anders sal raaksien,” sê hy.

EK SAL WAG se musiekvideo het ’n vars en ongewone aanslag en stel André Schwartz se uitsonderlike talent en kreatiwiteit as sanger en akteur pragtig ten toon.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook
Twitter: @Andre_Schwartz
Instagram: @andreschwartzsa
YouTube
Webblad


Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Douvoordag sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in nuwe enkelsnit!

Die gewilde duo, Douvoordag (Jattie & Ilse de Beer), sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in hulle …

Nuwe enkelsnit Die Heelal met Janie Bay en Early B pas uitgereik!

Die gewilde sangeres Janie Bay het pas haar tweede enkelsnit in 2019 uitgereik. “Die Heelal”, …