Ma’s is daar om bederf te word. Nie net om te vergoed vir die sussende verpleging van stukkende knieë, elmboë en ego’s of vir al die hulp met huiswerk nie, maar omdat sy steeds altyd daar is om jou by te staan.
Maak daarom vir haar op hierdie Moedersdag as een van vele maniere om dankie te sê, ’n Amarula Espresso Martini. Dis ’n drankie wat pure genot verskaf, van die eerste sluk tot die laaste. Dis moeilik om ’n skemerkelkie te klop wat waarskynlik drie van die beste smake ter wêreld kombineer, dié van Amarula Cream, sjokolade en koffie.
Maak die dag vir haar selfs meer spesiaal deur vir haar ’n pragtige Amarula-geskenkpak te gee! Jy kan kies tussen ’n bottel Amarula Cream met twee glase of ’n geskenkpak wat bestaan uit ’n bottel Amarula Cream en ’n prettige lantern. Daar is ook ʼn geskenkpak wat bestaan uit ’n bottel Amarula Cream en ’n pragtige versamelaarskoffiekoppie en -piering wat ontwerp is deur die Suid-Afrikaanse grafiese kunstenaar en afdrukmaker Motsamai Thabane. En moenie van die Amarula-gegeurde sjokolade en fudge vergeet nie!
Al hierdie items is landwyd by vooraanstaande drankwinkels verkrygbaar.
AMARULA ESPRESSO MARTINI
Amarula Cream gemeng met warm espresso en Nachtmusik-sjokoladelikeur. Bedien net so in ’n verkoelde martiniglas met ’n skep slagroom, koffiebone en gerasperde/gesnyde sjokolade.
Bestanddele:
2 sopies (50 ml) Amarula Cream
1 ½ sopie warm espresso of sterk gebroude filterkoffie
½ sopie (12.5 ml) Nachtmusik-sjokoladelikeur
Glas: Verkoelde martini (geen ys)
Garnering: Gerasperde of gesnyde wit, melk- en/of donker sjokolade
Metode: Skink die Amarula Cream, warm espresso of koffie, en Nachtmusik-sjokoladelikeur in ’n mengfles of houer met verseëlbare deksel. Skud goed en deurgiet in ’n verkoelde martiniglas. Moenie ys byvoeg nie. Garneer met gesnyde of gerasperde wit, melk- en/of donker sjokolade.
Besoek www.amarula.com vir lekker resepte, geskenk-idees en interessante feite oor Amarula.
Volg Amarula op Facebook (www.facebook.com/AmarulaSouthAfrica) en Twitter (www.twitter.com/amarula).
Gesels saam deur #Amarula4Women te gebruik.