Amarula in ligte luim vir ‘n prettige opskop!

224

Amarula voel dié feesseisoen lus vir ’n groot makietie, met allerhande prettige, byderwetse geskenkkeuses met Afrika as tema. Jy sal dit van 1 November kan koop so lank voorraad hou.Screen Shot 2015-11-11 at 16.48.57

Vir modevolgers en sonaanbidders is daar ’n pak met twee bottels Amarula Cream en ’n baie modieuse vilthoed. Dis by alle vooraanstaande kleinhandelaars teen sowat R240 te koop.

Reisigers sal gek wees na ’n geskenkpak met ’n 750-ml-bottel Amarula Cream en ’n geïsoleerde handelsmerk-reisbeker wat jy lekker stewig kan vashou. Jy kan dit vir R120 nét by LiquorShop-winkels verbonde aan Checkers-winkels koop.

Amarula-lanternpakke is baie gewild, en die kleinhandelprys is omtrent R230. Daar is ’n 750-ml-bottel Amarula Cream en ’n silindriese lantern waarin jy ’n kers kan sit om ’n pragtige feesgloed te skep wat ná sononder op enige plek betowerend sal lyk.

Nog ’n gesogte geskenk wat die hele jaar deur te koop is, is ’n geskenkpak met ’n bottel Amarula Cream saam met twee glase wat teen R190 baie goeie waarde bied. Jy kan Suid-Afrika se gewildste likeur ook teen sowat R170 in ’n buis koop. Die groot kleinhandelaars orals in die land verkoop albei dié weergawes.

Die ryk en sygladde likeur word gemaak van sonryp maroelavrugte met hul eksotiese smaak wat aan subtropiese suider-Afrika inheems is, en wat met vars room gemeng word.

Amarula Cream is die voorste likeur in Suid-Afrika, en wêreldwyd die naasgewildste roomlikeur. Dit word in meer as 100 lande verkoop.

Gaan na www.amarula.com vir meer inligting oor die geskenkpakke wat besikbaar is asook vir heerlike resepte en interessante feite oor Amarula.

Volg Amarula op Facebook (www.facebook.com/AmarulaSouthAfrica), Instagram@Amarula_Official, en Twitter (www.twitter.com/amarula).

Gesels saam deur #AmarulaGifts te gebruik.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments